everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Wanneer ’n voorwerp op ’n oppervlak neergesit word, dink byvoorbeeld aan die geval waar die boek op die tafel neergesit is, is daar ’n hele aantal kragte wat daarop inwerk. Eerstens, as die tafel nie daar was nie, sou die boek op die vloer geval het. Die krag wat dit veroorsaak word gravitasie genoem. Die tafel keer dat die boek op die grond val. Die enigste manier hoe dit kan gebeur, is as die tafel ’n krag op die boek uitoefen. Die krag wat die tafel op die boek uitoefen moet gravitasiekrag kan uitbalanseer. Dit sê onmiddellik vir ons ’n paar dinge! Gravitasie trek die boek afwaarts, dit is ’n vektor. Die krag wat die tafel uitoefen moet dit uitbalanseer en dit kan slegs gebeur as die krag dieselfde grootte het, maar in die teenoorgestelde rigting werk. Dit gebeur gereeld. Gravitasie trek ’n persoon na die Aarde toe, maar wanneer jy op die grond staan moet iets dit balanseer, as jy ’n swaar kartondoos op die grond sit, is die gravitasiekrag gebalanseerd. As jy ’n baksteen op die water sit, sal dit sink aangesien niks die gravitasiekrag balanseer nie. Ons noem die krag wat ’n oppervlakte (enige oppervlakte) uitoefen om die kragte wat op ’n voorwerp in kontak met die oppervlakte te balanseer, die normaalkrag. Die normaalkrag is ’n krag wat op ’n voorwerp inwerk as gevolg van interaksie met die oppervlakte en is loodreg tot die oppervlakte. Die laaste deel mag dalk onverwags (intuïtief onaanneemlik) wees, want as ons die tafel effens oplig, het die rigting van die gravitasiekrag nie verander nie, maar die rigting van die normaalkrag het effe verander (die normaal is nie altyd direk teenoorgesteld aan gravitasie nie). Moenie bekommerd wees nie, dit sal voor die einde van die hoofstuk sin maak. Onthou: die normaalkrag is altyd loodreg (teen ’n regte hoek) tot die oppervlakte. DEFINISIE: Normaalkrag Die normaalkrag, N, is die krag wat deur die oppervlakte op ’n voorwerp waarmee dit in aanraking is inwerk. Wrywingskragte Waarom kom ’n kartondoos wat op ’n oppervlak gly uiteindelik tot stilstand? Die antwoord is wrywing. Wrywing ontstaan wanneer twee oppervlakke in kontak met mekaar is en relatief tot mekaar beweeg. N N Hoofstuk 2. Newton se wette 61

Vir ’n alledaagse voorbeeld, druk jou hande teen mekaar en beweeg die een vorentoe en agtertoe. Jy het twee oppervlakke wat in kontak met mekaar is wat relatief tot die ander beweeg. Jou hand word warm. Jy sou dit al vantevore ervaar het, moontlik toe jy in die winter jou hande teen mekaar gevryf het om hulle warm te maak. Die hitte word deur wrywing opgewek. Wrywing word veroorsaak omdat die twee oppervlakke interaksie het met mekaar. Dink aan skuurpapier met baie knoppies op die oppervlak. As jy skuurpapier vryf, sal die knoppies in enige groef in beweeg. Wanneer die oppervlak van een voorwerp oor ’n ander een skuif, oefen elke liggaam ’n wrywingskrag op die ander uit. Wanneer ’n boek byvoorbeeld oor ’n tafel skuif, oefen die tafel ’n wrywingskrag op die boek uit en die boek oefen ’n wrywingskrag op die tafel uit. Wrywingskragte werk parallel met oppervlakke. DEFINISIE: Wrywingskragte Wrywingskragte is die kragte wat die beweging van ’n voorwerp, wat in kontak is met ’n oppervlak, teenwerk. Dit werk parallel met die oppervlak waarmee die voorwerp in kontak is. ruwe tafel kartondoos toegepaste krag Die grootte van die wrywingskrag hang af van die oppervlak en die grootte van die normaalkrag. Verskillende oppervlakke het verskillende wrywingskragte, selfs al is die normaalkragte dieselfde. Wrywingskragte is eweredig aan die grootte van die normaalkragte. Fwrywing ∝ N Ons kan vir elke oppervlak die konstante faktor bepaal, die koëffisiënt van wrywing, wat ons in staat stel om te bereken wat die wrywingskrag is as ons die grootte van die normaalkrag weet. Ons weet dat statiese wrywing en kinetiese wrywing verskillende groottes het, daarom het ons verskillende koëffisiënte vir die twee tipes wrywing. • µs is die koëffisiënt van statiese wrywing • µk is die koëffisiënt van kinetiese wrywing ’n Krag is nie altyd groot genoeg om ’n voorwerp te laat beweeg nie. ’n Klein toegepaste krag kan byvoorbeeld nie ’n swaar krat beweeg nie. Die wrywingskrag wat teen die beweging van die krat werk is gelyk aan die toegepaste krag, maar in die teenoorgestelde rigting. Hierdie wrywingskrag word statiese wrywing genoem. Wanneer ons die toegepaste krag vergroot (harder stoot), sal die wrywingskrag ook vergroot totdat dit maksimum waarde bereik. Wanneer die toegepaste krag groter as die maksimum krag van die statiese wrywing is, sal die voorwerp beweeg. Die statiese wrywingskrag 62 2.2. Krag

Vir ’n alledaagse voorbeeld, druk jou hande teen mekaar en beweeg die een vorentoe

en agtertoe. Jy het twee oppervlakke wat in kontak met mekaar is wat relatief tot die

ander beweeg. Jou hand word warm. Jy sou dit al vantevore ervaar het, moontlik toe

jy in die winter jou hande teen mekaar gevryf het om hulle warm te maak. Die hitte

word deur wrywing opgewek.

Wrywing word veroorsaak omdat die twee oppervlakke interaksie het met mekaar.

Dink aan skuurpapier met baie knoppies op die oppervlak. As jy skuurpapier vryf, sal

die knoppies in enige groef in beweeg.

Wanneer die oppervlak van een voorwerp oor ’n ander een skuif, oefen elke liggaam

’n wrywingskrag op die ander uit. Wanneer ’n boek byvoorbeeld oor ’n tafel skuif,

oefen die tafel ’n wrywingskrag op die boek uit en die boek oefen ’n wrywingskrag op

die tafel uit. Wrywingskragte werk parallel met oppervlakke.

DEFINISIE: Wrywingskragte

Wrywingskragte is die kragte wat die beweging van ’n voorwerp, wat in kontak is met

’n oppervlak, teenwerk. Dit werk parallel met die oppervlak waarmee die voorwerp

in kontak is.

ruwe tafel

kartondoos

toegepaste krag

Die grootte van die wrywingskrag hang af van die oppervlak en die grootte van die

normaalkrag. Verskillende oppervlakke het verskillende wrywingskragte, selfs al is die

normaalkragte dieselfde. Wrywingskragte is eweredig aan die grootte van die normaalkragte.

Fwrywing ∝ N

Ons kan vir elke oppervlak die konstante faktor bepaal, die koëffisiënt van wrywing,

wat ons in staat stel om te bereken wat die wrywingskrag is as ons die grootte van die

normaalkrag weet. Ons weet dat statiese wrywing en kinetiese wrywing verskillende

groottes het, daarom het ons verskillende koëffisiënte vir die twee tipes wrywing.

• µs is die koëffisiënt van statiese wrywing

• µk is die koëffisiënt van kinetiese wrywing

’n Krag is nie altyd groot genoeg om ’n voorwerp te laat beweeg nie. ’n Klein toegepaste

krag kan byvoorbeeld nie ’n swaar krat beweeg nie. Die wrywingskrag wat teen

die beweging van die krat werk is gelyk aan die toegepaste krag, maar in die teenoorgestelde

rigting. Hierdie wrywingskrag word statiese wrywing genoem. Wanneer ons

die toegepaste krag vergroot (harder stoot), sal die wrywingskrag ook vergroot totdat

dit maksimum waarde bereik. Wanneer die toegepaste krag groter as die maksimum

krag van die statiese wrywing is, sal die voorwerp beweeg. Die statiese wrywingskrag

62 2.2. Krag

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!