03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Wanneer ’n voorwerp op ’n oppervlak neergesit word, dink byvoorbeeld aan die geval

waar die boek op die tafel neergesit is, is daar ’n hele aantal kragte wat daarop inwerk.

Eerstens, as die tafel nie daar was nie, sou die boek op die vloer geval het. Die krag

wat dit veroorsaak word gravitasie genoem. Die tafel keer dat die boek op die grond

val. Die enigste manier hoe dit kan gebeur, is as die tafel ’n krag op die boek uitoefen.

Die krag wat die tafel op die boek uitoefen moet gravitasiekrag kan uitbalanseer. Dit

sê onmiddellik vir ons ’n paar dinge! Gravitasie trek die boek afwaarts, dit is ’n vektor.

Die krag wat die tafel uitoefen moet dit uitbalanseer en dit kan slegs gebeur as die krag

dieselfde grootte het, maar in die teenoorgestelde rigting werk.

Dit gebeur gereeld. Gravitasie trek ’n persoon na die Aarde toe, maar wanneer jy op

die grond staan moet iets dit balanseer, as jy ’n swaar kartondoos op die grond sit, is die

gravitasiekrag gebalanseerd. As jy ’n baksteen op die water sit, sal dit sink aangesien

niks die gravitasiekrag balanseer nie. Ons noem die krag wat ’n oppervlakte (enige

oppervlakte) uitoefen om die kragte wat op ’n voorwerp in kontak met die oppervlakte

te balanseer, die normaalkrag.

Die normaalkrag is ’n krag wat op ’n voorwerp inwerk as gevolg van interaksie met

die oppervlakte en is loodreg tot die oppervlakte. Die laaste deel mag dalk onverwags

(intuïtief onaanneemlik) wees, want as ons die tafel effens oplig, het die rigting van die

gravitasiekrag nie verander nie, maar die rigting van die normaalkrag het effe verander

(die normaal is nie altyd direk teenoorgesteld aan gravitasie nie). Moenie bekommerd

wees nie, dit sal voor die einde van die hoofstuk sin maak. Onthou: die normaalkrag

is altyd loodreg (teen ’n regte hoek) tot die oppervlakte.

DEFINISIE: Normaalkrag

Die normaalkrag, N, is die krag wat deur die oppervlakte op ’n voorwerp waarmee dit

in aanraking is inwerk.

Wrywingskragte

Waarom kom ’n kartondoos wat op ’n oppervlak gly uiteindelik tot stilstand? Die

antwoord is wrywing. Wrywing ontstaan wanneer twee oppervlakke in kontak met

mekaar is en relatief tot mekaar beweeg.

N

N

Hoofstuk 2. Newton se wette

61

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!