everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

die koord. Indien jy meer koorde deur ’n katrol plaas, het jy meer kragte, in verskeie rigtings. Ons verander die grootte en rigting van die kragte wat op die ring inwerk. Ons plaas ’n balans tussen die koord en die ring en meet die krag. Deur ’n papier onder die ring te plaas kan ons die rigtings en lesing van die balans afmerk en so die grootte meet. Ons gaan hierdie inligting gebruik om die kragte wat op die trekskale uitgeoefen word te meet. Dan gaan ons die resultante krag grafies bereken. 1. Stel die kragbord op en plaas die papier onder die trekskale. 2. Stel vier verskillende kragte op deur ’n trekskaal aan een kant van die ring vas te maak en koord aan die ander kant. Laat die koord oor ’n katrol loop en heg massastukkies aan. Werk in ’n groep. 3. Trek ’n lyn langs elke koord, wees versigtig om nie enige een van die koorde te skuif nie. 4. Noteer die krag lesing op elke trekskaal. 5. Verwyder die papier. 6. Werk op die papier, trek elke lyn terug na die middel waar die ring was. Die lyne moet almal op een plek mekaar deursny. Maak hierdie punt die middel van jou Cartesiese koördinaatsisteem. 7. Kies ’n geskikte skaal om die lengte van die pyl met die lesings te vergelyk. Gebruik die korrekte trekskaal en lyn wat op die papier is en teken ’n pyl wat elke krag verteenwoordig. Resultate: Vir twee van die verskillende keuses van 3 van die kragvektore, gaan ons die resultant bevestig. Om die resultant te bepaal, tel ons die vektore bymekaar. Die maklikste manier om dit te doen is om die vektore te verteenwoordig met ’n liniaal en ’n gradeboog te gebruik en hul kop-na-stert te teken. Gevolgtrekking en vrae: Noteer van die rigting en die groottes van die resultante van die verskeie kombinasies. 1. Hoe vergelyk die berekende resultant met die vektor wat nie gebruik is om die resultant in elke geval te bereken? 2. Watter algemene verhouding bestaan tussen die resultant en die vierde vektor en hoekom dink jy dit is die geval? 3. Sal dit dieselfde wees indien ons meer of minder kragte in die probleem gehad het? Verduidelik jou antwoord. Sien simulasie: 26QX op www.everythingscience.co.za Sien video: 26QY op www.everythingscience.co.za Hoofstuk 1. Vektore in twee dimensies 51

1.4 Opsomming ESEF Sien aanbieding: 26QZ op www.everythingscience.co.za • ’n Vektor het grootte en rigting. • Vektore kan gebruik word om fisiese hoeveelhede wat grootte en rigting het te verteenwoordig, bv. kragte. • Vektore kan as pyltjies voorgestel word waar die lengte van die pyl die grootte verteenwoordig en die pylpunt die rigting van die vektor aandui. • Vektore in twee dimensies kan op ’n Cartesiese vlak geteken word. • Vektore kan grafies bymekaar getel word met die kop-na-stert of stert-na-stert metode. • ’n Geslote vektordiagram is ’n stel vektore op die Cartesiese vlak, geteken met die kop-na-stert metode, met ’n resultante grootte van nul. • Vektore kan algebraïes bymekaar getel word met Pythagoras se stelling, of met komponente. • Die rigting van ’n vektor kan met eenvoudige trigonometriese berekeninge gevind word. • Die komponente van ’n vektor is ’n reeks vektore wat, wanneer dit gekombineer word, die oorspronklike vektor as resultant gee. • Komponente word gebruik om met die Cartesiese koördinaat-asse vergelyk te word. Vir ’n vektor F wat ’n hoek van θ vorm met die positiewe x-as, is die x-komponent Rx = R cos(θ) en die y-komponent is Ry = R sin(θ). Oefening 1 – 7: 1. Teken die volgende vektore vanaf die oorsprong op die Cartesiese vlak: • F1 = 3,7 N in die positiewe x-rigting • F2 = 4,9 N in die positiewe y-rigting 2. Teken die volgende kragte as vektore op die Cartesiese vlak: • F1 = 4,3 N in die positiewe x-rigting • F2 = 1,7 N in die negatiewe x-rigting • F3 = 8,3 N in die positiewe y-rigting 3. Vind die resultant in die x-rigting, Rx, en y, Ry, vir die volgende kragte: • F1 = 1,5 N in die positiewe x-rigting • F2 = 1,5 N in die positiewe x-rigting • F3 =2N in die negatiewe x-rigting 52 1.4. Opsomming

1.4 Opsomming ESEF

Sien aanbieding: 26QZ op www.everythingscience.co.za

• ’n Vektor het grootte en rigting.

• Vektore kan gebruik word om fisiese hoeveelhede wat grootte en rigting het te

verteenwoordig, bv. kragte.

• Vektore kan as pyltjies voorgestel word waar die lengte van die pyl die grootte

verteenwoordig en die pylpunt die rigting van die vektor aandui.

• Vektore in twee dimensies kan op ’n Cartesiese vlak geteken word.

• Vektore kan grafies bymekaar getel word met die kop-na-stert of stert-na-stert

metode.

• ’n Geslote vektordiagram is ’n stel vektore op die Cartesiese vlak, geteken met

die kop-na-stert metode, met ’n resultante grootte van nul.

• Vektore kan algebraïes bymekaar getel word met Pythagoras se stelling, of met

komponente.

• Die rigting van ’n vektor kan met eenvoudige trigonometriese berekeninge gevind

word.

• Die komponente van ’n vektor is ’n reeks vektore wat, wanneer dit gekombineer

word, die oorspronklike vektor as resultant gee.

• Komponente word gebruik om met die Cartesiese koördinaat-asse vergelyk te

word. Vir ’n vektor F wat ’n hoek van θ vorm met die positiewe x-as, is die

x-komponent Rx = R cos(θ) en die y-komponent is Ry = R sin(θ).

Oefening 1 – 7:

1. Teken die volgende vektore vanaf die oorsprong op die Cartesiese vlak:

• F1 = 3,7 N in die positiewe x-rigting

• F2 = 4,9 N in die positiewe y-rigting

2. Teken die volgende kragte as vektore op die Cartesiese vlak:

• F1 = 4,3 N in die positiewe x-rigting

• F2 = 1,7 N in die negatiewe x-rigting

• F3 = 8,3 N in die positiewe y-rigting

3. Vind die resultant in die x-rigting, Rx, en y, Ry, vir die volgende kragte:

• F1 = 1,5 N in die positiewe x-rigting

• F2 = 1,5 N in die positiewe x-rigting

• F3 =2N in die negatiewe x-rigting

52 1.4. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!