everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

• Was die projek suksesvol? • Wat was ’n paar van die uitdagings? Groepsbespreking: Mynbou en Mapungubwe Lees die volgende inligting oor Mapungubwe: Weens die geskiedenis verbonde aan die terrein is Mapungubwe in die 1980’s tot Nasionale Erfenisterrein verklaar en in 2003 tot Wêreld Erfenisterrein. In 1995 is die omliggende area tot Nasionale Park verklaar. Tans word die terrein bedreig deur ’n Australiese mynmaatskappy wat die regte bekom het om ’n oop- en ’n ondergrondse myn minder as 6km van die grens van die Nasionale Park te bou. Daar heers groot kommer dat mynbedrywighede ’n negatiewe impak op die ekosisteme en fauna en flora rondom Mapungubwe kan hê, en dat dit die bewaring van die terrein kan belemmer. Verskeie omgewingsagentskappe het ’n saak by die hof aanhangig gemaak in ’n poging om die beplande myn te verbied en die omgewing rondom Mapungubwe te beskerm. Bespreek as ’n klas of die voorgestelde mynbedrywighede moet voortgaan of nie. Deel die klas in twee spanne in. Wys een span as vír die mynaktiwiteite, en die ander daartéén. Elke span moet feite relevant tot hulle argument vind en dan die argument aan die ander span bied. Aan die einde van die bespreking moet gevolgtrekkings gemaak word of die mynbedrywighede moet voortgaan of nie. Ander minerale ESE7Q Ons het hoofsaaklik gefokus op die proses betrokke by die ontginning van goud. Maar goud is nie die enigste mineraal van belang vir die mens nie. Baie ander minerale is nuttig, bv. koper, yster en platinum. Aktiwiteit: Ander mynbouaktiwiteite Kies een van die minerale vanuit die lys hieronder en vind inligting oor hoe die mineraal gebruik word. Gebruik die inligting in hierdie hoofstuk oor goudontginning en probeer soortgelyke inligting opspoor oor die mineraal wat jy gekies het. Beskryf jou bevindinge in ’n verslag. Indien moontlik moet die klas in groepe ingedeel word en aan elke groep moet ’n verskillende mineraal toegeken word. • Yster • Fosfaat • Steenkool • Diamant • Koper • Platinum • Sink • Chroom • Asbes Hoofstuk 14. Die litosfeer • Mangaan 489

14.4 Energiebronne ESE7R Tans maak ons hoofsaaklik staat op olie- en steenkoolbronne om in ons energiebehoeftes te voorsien. Maar hierdie bronne is nie-hernubare energiebronne en het baie nadelige uitwerkings op die omgewing. Alternatiewe energiebronne word voortdurend ondersoek om te bepaal of hulle in ons groeiende energiebehoeftes kan voorsien. Indien ons hierdie alternatiewe ignoreer gaan ons eendag nie meer olie- en steenkoolreserwes oor hê nie. Een van die mees gedebatteerde onderwerpe rakende energiebronne is klimaatsverandering. Wetenskaplikes en omgewingsbewustes verskil oor die oorsake en effekte daarvan en of dit werklik bestaan of nie. Aktiwiteit: Klimaatsverandering Klimaatsverandering is ’n beduidende en voortdurende verandering in die verspreiding van weerpatrone oor tydperiodes wat kan wissel van dekades tot millenia. Dit word beskou as veranderings in weergebeurtenisse van uiterstes (fratsstorms, tornado’s, tsunami’s, ens.) en veranderings in die gemiddelde weersomstandighede by stede en streke. Wetenskaplikes versamel data oor klimaatsverandering deur middel van yskernboring, fauna en flora-rekords, glasiale en periglasiale prosesse, isotopiese analises en baie ander metodes. Elkeen van hierdie metodes verskaf unieke inligting oor hoe die aarde se klimaat met die verloop van tyd verander het. Baie faktore beïnvloed die aarde se klimaat, bv. die hoeveelheid sonbestraling wat ontvang word, veranderings in die aarde se wentelbaan, veranderings op die aarde se oppervlakte, soos kontinentverskuiwing en die grootte van die pool-yskappe, ens. Al hierdie faktore tesame maak dit moeilik om presies te bepaal wat veroorsaak ’n besondere klimaatsverandering. Boonop kan hierdie effekte eeue neem om te ontwikkel. Menslike bedrywighede soos mynbou, verbranding van fossielbrandstowwe en landbou het ook ’n effek op die klimaat. Wetenskaplikes stem oor die algemeen saam dat die klimaat besig is om onherroeplik te verander en dat mense ’n groot oorsaak van die verandering is. Waaroor daar nie eenstemmigheid is nie, is hoe groot die effek van mense is en hoeveel van ’n probleem dit is. Tans is globale temperature aan die styg en die ys neerslae by die pole is besig om kleiner te word. Daar is nog geen sekerheid of mense dit bloot vererger en of hulle die oorsaak van die verandering is. Ten spyte van die debat moet mense bewus wees van hulle impak op die omgewing en met maniere vorendag kom om hierdie impak te verminder. 1. Bespreek bogenoemde informasie. 2. Bespreek maniere waarop menslike aktiwiteite ’n impak het op die omgewing. 3. Bespreek maniere waarop hierdie impak verminder kan word. 490 14.4. Energiebronne

• Was die projek suksesvol?

• Wat was ’n paar van die uitdagings?

Groepsbespreking: Mynbou en Mapungubwe

Lees die volgende inligting oor Mapungubwe:

Weens die geskiedenis verbonde aan die terrein is Mapungubwe in die 1980’s tot

Nasionale Erfenisterrein verklaar en in 2003 tot Wêreld Erfenisterrein. In 1995 is die

omliggende area tot Nasionale Park verklaar. Tans word die terrein bedreig deur ’n

Australiese mynmaatskappy wat die regte bekom het om ’n oop- en ’n ondergrondse

myn minder as 6km van die grens van die Nasionale Park te bou. Daar heers groot

kommer dat mynbedrywighede ’n negatiewe impak op die ekosisteme en fauna en

flora rondom Mapungubwe kan hê, en dat dit die bewaring van die terrein kan belemmer.

Verskeie omgewingsagentskappe het ’n saak by die hof aanhangig gemaak in ’n

poging om die beplande myn te verbied en die omgewing rondom Mapungubwe te

beskerm.

Bespreek as ’n klas of die voorgestelde mynbedrywighede moet voortgaan of nie. Deel

die klas in twee spanne in. Wys een span as vír die mynaktiwiteite, en die ander

daartéén. Elke span moet feite relevant tot hulle argument vind en dan die argument

aan die ander span bied. Aan die einde van die bespreking moet gevolgtrekkings

gemaak word of die mynbedrywighede moet voortgaan of nie.

Ander minerale ESE7Q

Ons het hoofsaaklik gefokus op die proses betrokke by die ontginning van goud. Maar

goud is nie die enigste mineraal van belang vir die mens nie. Baie ander minerale is

nuttig, bv. koper, yster en platinum.

Aktiwiteit: Ander mynbouaktiwiteite

Kies een van die minerale vanuit die lys hieronder en vind inligting oor hoe die mineraal

gebruik word. Gebruik die inligting in hierdie hoofstuk oor goudontginning en

probeer soortgelyke inligting opspoor oor die mineraal wat jy gekies het. Beskryf jou

bevindinge in ’n verslag. Indien moontlik moet die klas in groepe ingedeel word en

aan elke groep moet ’n verskillende mineraal toegeken word.

• Yster

• Fosfaat

• Steenkool

• Diamant

• Koper

• Platinum

• Sink

• Chroom

• Asbes

Hoofstuk 14. Die litosfeer

• Mangaan

489

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!