everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

en word tonnels word vanuit die hoofskag gegrawe waardeur die goudrif bereik word. Skagmyne is gevaarlik en dit is nodig om die tonnels te versterk sodat rotsstortings nie tonnels laat intuimel nie. Die tonnels is ook baie warm en die hoë druk kompliseer mynboubedrywighede in mynskagte sodat dit baie duur en gevaarlik is. ’n Diagram wat ’n oopgroefmyn en ’n mynskag illustreer word in Figuur 14.3 gewys. 1 2 3 4 5 Goud neerslae Goudlaag naby die oppervlak Oopgroefmynbou by vlak goudlaag Skuins maak van goudlae Hoof ondergrondse skag Tonnel van hoofskag vir toegang tot goud 1 2 3 4 Figuur 14.3: Diagram wat ’n oopgroef- en skagmynbou wys. Die verwerking van gouderts ESE7M Vir elke ton erts wat gemyn word, word ’n baie klein hoeveelheid (ongeveer 5 g ) goud ontgin. Daar is ’n aantal verskillende metodes waarvolgens goud uit die erts gehaal kan word, maar een van die mees algemene metodes word die sianied proses genoem. Tydens die sianied proses word die erts vergruis en ’n sianied oplossing (CN − ) word bygevoeg sodat die gouddeeltjies in die erts opgelos word. Die goud word in hierdie stap geoksideer. Sinkstof word dan by die sianied oplossing gevoeg. Die sink vervang die goud sodat die goud uit die oplossing neerslaan. Hierdie proses word in Figuur 14.4 gewys. 5 Hoofstuk 14. Die litosfeer 485

STAP 1 - Die erts word vergruis totdat dit soos ’n fyn poeier lyk STAP 2 - ’n Natriumsianiedoplossing (NaCN) word met die fyn vergruisde erts gemeng. 4Au +8NaCN + O2 +2H2O → 4NaAu(CN)2 +4NaOH Goud word geoksideer. STAP 3 - Die goudbevattende oplossing kan nou deur filtrasie geskei word van die oorblywende vaste erts. STAP 4 - Sink word bygevoeg. Sink verplaas goud uit die goudsianiedoplossing Dit is die reduksie gedeelte van die reaksie. Figuur 14.4: Vloeidiagram wat aandui hoe goud verwerk word. Eienskappe en gebruike van goud ESE7N As gevolg van goud se uiteenlopende en unieke eienskappe het dit ’n aantal gebruike. Hieronder is ’n lys van sommige van die eienskappe wat van goud ’n waardevolle metaal maak. • Blink Goud se pragtige voorkoms maak dit ’n gunsteling metaal vir gebruik in juweliersware. • Duursaam Goud verweer en korrodeer nie, wat beteken dit verloor nie regtig waarde nie. Dit word soms in tandheelkunde gebruik om krone vir tande te maak. • Smeebaar en pletbaar Aangesien goud gebuig en maklik vervorm word en omdat dit maklik platgedruk kan word om baie dun velle te vorm, is dit nuttig vir gebruik in dun draadjies en goudvelle. • Goeie geleier Goud is ’n goeie geleier van elektrisiteit en word dus in transistors, rekenaar stroombane en telefoon verbindings. • Hittegolf weerkaatser Goud weerkaats hitte baie doeltreffend en word dus in ruimtepakke en voertuie gebruik. Dit word ook in die beskermende buitelaag van kunsmatige satelliete gebruik. Een van die meer ongewone gebruike van goud is in brandbestryding, waar ’n dun lagie goud in die maskers van brandweermanne geplaas word om hulle teen hitte te beskerm. 486 14.3. Die mynbedryf en mineraal verwerking

STAP 1 - Die erts word vergruis totdat dit soos ’n fyn poeier lyk

STAP 2 - ’n Natriumsianiedoplossing (NaCN) word met die fyn vergruisde erts gemeng.

4Au +8NaCN + O2 +2H2O → 4NaAu(CN)2 +4NaOH

Goud word geoksideer.

STAP 3 - Die goudbevattende oplossing kan nou deur

filtrasie geskei word van die oorblywende vaste erts.

STAP 4 - Sink word bygevoeg. Sink verplaas goud uit die goudsianiedoplossing

Dit is die reduksie gedeelte van die reaksie.

Figuur 14.4: Vloeidiagram wat aandui hoe goud verwerk word.

Eienskappe en gebruike van goud ESE7N

As gevolg van goud se uiteenlopende en unieke eienskappe het dit ’n aantal gebruike.

Hieronder is ’n lys van sommige van die eienskappe wat van goud ’n waardevolle

metaal maak.

• Blink

Goud se pragtige voorkoms maak dit ’n gunsteling metaal vir gebruik in juweliersware.

• Duursaam

Goud verweer en korrodeer nie, wat beteken dit verloor nie regtig waarde nie.

Dit word soms in tandheelkunde gebruik om krone vir tande te maak.

• Smeebaar en pletbaar

Aangesien goud gebuig en maklik vervorm word en omdat dit maklik platgedruk

kan word om baie dun velle te vorm, is dit nuttig vir gebruik in dun draadjies en

goudvelle.

• Goeie geleier

Goud is ’n goeie geleier van elektrisiteit en word dus in transistors, rekenaar

stroombane en telefoon verbindings.

• Hittegolf weerkaatser

Goud weerkaats hitte baie doeltreffend en word dus in ruimtepakke en voertuie

gebruik. Dit word ook in die beskermende buitelaag van kunsmatige satelliete

gebruik. Een van die meer ongewone gebruike van goud is in brandbestryding,

waar ’n dun lagie goud in die maskers van brandweermanne geplaas word om

hulle teen hitte te beskerm.

486 14.3. Die mynbedryf en mineraal verwerking

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!