03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Goudontginning ESE7J

Goud is lankal reeds bekend by die imheemse bevolkings van Afrika, maar in die laat

1800’s het koloniste goudriwwe ontdek en begin om die bronne te ontgin. Sedertdien

speel goud ‘n baie belangrike rol (soms ‘n kontroversiële een) in Suid-Afrika se geskiedenis

en ekonomie. Die ontdekking daarvan het baie buitelanders na Suid-Afrika

gebring, wat gelok is na beloftes van rykdom. Hulle het klein mynbou dorpies aangelê

wat later tot groter nedersetting, dorpe en stede gegroei het. Een van eerste van hierdie

nedersettings was die begin van die huidige Johannesburg, ook bekand as Egoli, die

Plek van Goud.

Die meeste van Suid-Afrika se goud is gekonsentreed in die Goue Koepel (Golden

Arc), wat strek van Johannesburg tot Welkom. Geoloë glo dat hierdie gebied miljoene

jare gelede ‘n massiewe binnelandse meer was. Riviere wat in hierdie meer ingevloei

het het sand, slik, spoelklippe en fyn deeltjies goud saamgebring en dit oor ‘n lang

periode hier gestort. Uiteindelik het hierdie neerslae geakkumuleer (opgehoop) en

gekompakteer (saamgepers) om gouddraende sedimentêre rots of goudriwwe te vorm.

Dit is as gevolg van hierdie komplekse, maar unieke reeks omstandighede dat Suid-

Afrika se goudneerslae so gekonsentreed is in daardie gebied. In ander lande soos

Zimbabwe kom goud in kleiner ertsneste (“pockets”) wat oor ‘n gebied versprei is,

voor.

Die ontginning van goud ESE7K

’n Aantal verskillende tegnieke kan gebruik word om goud en ander minerale te ontgin.

Die drie mees algemene metodes in Suid-Afrika is panspoeling, dagboumynbou

(gewoonlik nie vir goud gebruik nie) en skagmynbou.

1. Panspoeling

Panspoeling vir goud is ’n tegniek wat gebruik word om goud te sorteer uit

ander sedimente. Wye, plat panne word gevul met sand en gruis (dikwels uit

rivierbeddings) wat goud kan bevat. Water word bygevoeg en die panne word

geskud. Omdat goud digter as die gruis en ander materiaal versamel dit op die

bodem van die pan en kan so gesorteer word. Pelgrimsrus in Mpumalanga was

die eerste plek in Suid-Afrika waar goud so gesif is.

2. Oppervlakmynbou (dagboumynbou)

Hierdie tipe mynbou bedrywighede vind op die oppervlak van die aarde plaas.

By oopgroef myne word die boonste grond eers verwyder en langs die groef

geplaas. Dan word die boonste lae gesteentes verwyder sodat die dieper meer

waardevolle mineraal lae sigbaar is. Die waardevolle gesteentes word met plofstof

opgeblaas sodat kleiner rotse vorm. Die rotse word op groot lorries gelaai

waarna hulle weggery, vergruis en geprosesser word. Enige minerale wat naby

die oppervlak gevind word (selfs tot by 1000 m) kan gemyn word deur oppervlak

myntegnieke te gebruik. Wanneer die minerale egter dieper voorkom, soos die

meeste goud in Suid Afrika, word van ondergrondse mynbou gebruik gemaak.

3. Ondergrondse mynbou (skagmynbou).

Suid Afrika se dun, maar uitgebreide goud-riwwe is in ’n steil helling onder

die grond geleë wat beteken dat sommige goudneerslae baie diep voorkom en

moeilik is om te bereik. Skag myne is nodig om die gouderts te bereik. Na

die aanvanklike boordery word plofstof gebruik. Die mynskag word toegerus

484 14.3. Die mynbedryf en mineraal verwerking

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!