everything maths and science - C2B2A
everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A
Beskou die diagram en beantwoord die volgende vrae: 1. Noem drie van die raarste metale. 2. Noem vier elemente wat gesteentes vorm. 3. Watter element is die raarste? 4. Watter element is die mees algemeenste? 5. Vind die volgende elemente in die prentjie: goud, koper, yster, mangaan, platinum, sink, chroom, fosfor, suurstof en koolstof. Watter van hierdie is die mees volop? Watter van hierdie elemente is die raarste? 6. Klassifiseer die volgende elemente as gesteentevormend, raarste metale en ander: goud, koper,yster, mangaan, platinum, sink, chroom, suurstof en koolstof. 14.3 Die mynbedryf en mineraal verwerking ESE7D Noudat jy weet waar die mensdom die minerale wat gebruik word vandaan kry, kan ons kyk hoe hierdie minerale bekom word. Ons het gesien dat minerale nie sommer net rondlê en wag om opgetel te word nie, maar eerder dat hulle in die aardkors in rotse ingebed is in verbinding met ander elemente. Soos die mens meer kennis bekom het en nuwe ondekkings gemaak het, het tegnieke om erts te ontgin verbeter. Dit het grootliks daartoe bygedra dat die hoeveelheid Hoofstuk 14. Die litosfeer 481
FEIT Inheemse mense het baie keer unieke maniere om mineraalafsettings te vind, soos om dieregedrag dop te hou, of te let op die weligheid van sekere plantsoorte. FEIT Steenkoolmyners het gebruiklik ‘n kanarie saam met hulle in die myn afgeneem. As die kanarie doodgaan het hulle geweet dat daar ‘n hoë vlak van gas aan die opbou was en dat dit nie veilig was om onder in die myn aan te bly nie. minerale wat ontgin kan word dramaties vermeerder het. Groot tonnels begin deur die Aarde sny waarmee minerale diep ondergrond ontgin word. Nuwe prosesvaardighede beteken dat dat nuwe soorte metale gemyn kan word. Die belangrikste stadiums in die mynbedryf is verkenning, ontginning, verwerking, vervaardiging en bemarking. Ons sal vlugtig aandag skenk aan verkenning, ontginning en verfyning. Verkenning ESE7F Outydse mense was nie besorg oor of die erts wat hulle ontgin het vir hulle geld sou inbring nie. Al waaroor hulle omgegee het, was om toegang tot die metale en minerale wat hulle sou help om te eet, warm te bly en die naburige stamme te oorwin, te verkry. In modern tye maak geld saak en die eerste stap in mynbou is om ‘n mineraalerts neerslag van geskikte grootte te vind. Diamande word byvoorbeeld in Kimberley aangetref en gouderts in Johannesburg. Hierdie neerslae was groot genoeg vir die ekonomiese ontginning van goud en diamant. Die verkryging van erts ESE7G Sodra ‘n geskikte hoeveelheid erts gevind is, kan die ontginning begin. In die ou tyd was mynwerk en mineraalprossessering baie primitief en die metode wat hoofsaaklik gebruik is was om met die hand te grawe. Mynbou word hoofsaaklik in oppervlak- en ondergrondse mynbou verdeel. Minerale word dikwels in rivierbeddings, strandsand en ander sanderige gebiede gevind. Hulle staan as spoelafsettings bekend. Hierdie minerale kan redelik eenvoudig deur oppervlak mynboutegnieke verwyder word. Ander minerale kom in lang stroke wat as are bekend staan, of in pype voor. Ondergrondse mynboutegnieke word gebruik om toegang tot hierdie minerale te verkry. Oppervlakmynbou sluit dagboumyne, groefmynbou, stroopmynbou en ”landfill miningïn. Steenkool en koper word dikwels so ontgin. Ondergrondse mynbou bestaan hoofsaaklik uit die grawe van tonnels en skagte in die aardkors. Goud word dikwels op hierdie manier gemyn. Ondergrondmyn is gevaarliker as oppervlakmynbou, omdat tonnels ineen kan tuimel en gevaarlike gasse ondergronds kan opbou. Ons sal binnekort verder na oppervlak- en ondergrondse mynbou kyk. Mineraalwinning ESE7H Sodra die erts ontgin is, word dit gewoonlik fyner gemaak sodat dit makliker verwerk kan word. Die mineraal moet dan uit die erts gehaal word. Outydse mense het vinnig geleer dat vuur gebruik kon word om die metale te louter. Hierdie tegniek staan as smeltwerk bekend. Dit was die vroegste metode wat gebruik is om die mineraal uit die erts te win. 482 14.3. Die mynbedryf en mineraal verwerking
- Page 443 and 444: Die eenhede vir ∆H is kJ·mol −
- Page 445 and 446: Resultate: Skryf neer watter van bo
- Page 447 and 448: WENK Die aktiveringsenergie is die
- Page 449 and 450: Oefening 12 - 3: Energie en reaksie
- Page 451 and 452: ) Energie word vrygestel as die bin
- Page 454 and 455: Reaksietipes HOOFSTUK 13 13.1 Sure
- Page 456 and 457: Met verloop van tyd is ’n hele aa
- Page 458 and 459: Wanneer ons net na Brønsted-Lowry
- Page 460 and 461: Aktiwiteit: Gekonjugeerde suur-basi
- Page 462 and 463: • natriumhidroksiedoplossing •
- Page 464 and 465: Ons gaan ou na drie spesifieke suur
- Page 466 and 467: Metode: rubber prop koeksoda en sou
- Page 468 and 469: Doel 2 1. Voeg versigtig 25 ml swae
- Page 470 and 471: Oksidasiegetalle ESE75 Deur element
- Page 472 and 473: In die verbinding NH3, moet die som
- Page 474 and 475: As ’n reagens, het chloor ’n ok
- Page 476 and 477: Metode: WAARSKUWING! Moenie direk n
- Page 478 and 479: Uitgewerkte voorbeeld 4: Die balans
- Page 480 and 481: Uitgewerkte voorbeeld 5: Die balans
- Page 482 and 483: Watter een van die volgende stellin
- Page 484 and 485: Oefening 13 - 9: 1. Gee een woord o
- Page 486 and 487: Die litosfeer HOOFSTUK 14 14.1 Inle
- Page 488 and 489: DEFINISIE: Litosfeer Figuur 14.1:
- Page 490 and 491: Toe die koloniste en ontdekkingsrei
- Page 492 and 493: DEFINISIE: Mineraal Minerale is nat
- Page 496 and 497: Smeltwerk omvat die verhitting van
- Page 498 and 499: en word tonnels word vanuit die hoo
- Page 500 and 501: Oefening 14 - 1: Goudontginning 1.
- Page 502 and 503: • Was die projek suksesvol? • W
- Page 504 and 505: 4. Doen navorsing oor klimaatsveran
- Page 506: Units used in the book Fisiese hoev
- Page 509 and 510: 14. het gelyke groottes maar teenoo
- Page 511 and 512: Oefening 2 - 9: 1. 5 F 2. afneem 3.
- Page 513 and 514: Oefening 3 - 6: Molekulêre vorm 1.
- Page 515 and 516: Oefening 5 - 4: Snell se Wet 2. b)
- Page 517 and 518: Oefening 7 - 7: 1. a) Ideale gas b)
- Page 519 and 520: 9 Elektrostatika Oefening 9 - 1: El
- Page 521 and 522: Oefening 11 - 4: Ohm se wet in seri
- Page 523 and 524: 13 Reaksietipes Oefening 13 - 1: Su
- Page 525 and 526: Lys van definisies 2.1 Normaalkrag
- Page 527 and 528: Erkennings vir beelde 1 Foto deur U
FEIT

Inheemse mense het baie

keer unieke maniere om

mineraalafsettings te vind,

soos om dieregedrag dop

te hou, of te let op die

weligheid van sekere

plantsoorte.

FEIT

Steenkoolmyners het

gebruiklik ‘n kanarie

saam met hulle in die

myn afgeneem. As die

kanarie doodgaan het

hulle geweet dat daar ‘n

hoë vlak van gas aan die

opbou was en dat dit nie

veilig was om onder in

die myn aan te bly nie.

minerale wat ontgin kan word dramaties vermeerder het. Groot tonnels begin deur die

Aarde sny waarmee minerale diep ondergrond ontgin word. Nuwe prosesvaardighede

beteken dat dat nuwe soorte metale gemyn kan word.

Die belangrikste stadiums in die mynbedryf is verkenning, ontginning, verwerking,

vervaardiging en bemarking. Ons sal vlugtig aandag skenk aan verkenning, ontginning

en verfyning.

Verkenning ESE7F

Outydse mense was nie besorg oor of die erts wat hulle ontgin het vir hulle geld sou

inbring nie. Al waaroor hulle omgegee het, was om toegang tot die metale en minerale

wat hulle sou help om te eet, warm te bly en die naburige stamme te oorwin, te verkry.

In modern tye maak geld saak en die eerste stap in mynbou is om ‘n mineraalerts neerslag

van geskikte grootte te vind. Diamande word byvoorbeeld in Kimberley aangetref

en gouderts in Johannesburg. Hierdie neerslae was groot genoeg vir die ekonomiese

ontginning van goud en diamant.

Die verkryging van erts ESE7G

Sodra ‘n geskikte hoeveelheid erts gevind is, kan die ontginning begin. In die ou tyd

was mynwerk en mineraalprossessering baie primitief en die metode wat hoofsaaklik

gebruik is was om met die hand te grawe.

Mynbou word hoofsaaklik in oppervlak- en ondergrondse mynbou verdeel. Minerale

word dikwels in rivierbeddings, strandsand en ander sanderige gebiede gevind.

Hulle staan as spoelafsettings bekend. Hierdie minerale kan redelik eenvoudig deur

oppervlak mynboutegnieke verwyder word. Ander minerale kom in lang stroke wat as

are bekend staan, of in pype voor. Ondergrondse mynboutegnieke word gebruik om

toegang tot hierdie minerale te verkry.

Oppervlakmynbou sluit dagboumyne, groefmynbou, stroopmynbou en ”landfill miningïn.

Steenkool en koper word dikwels so ontgin.

Ondergrondse mynbou bestaan hoofsaaklik uit die grawe van tonnels en skagte in

die aardkors. Goud word dikwels op hierdie manier gemyn. Ondergrondmyn is gevaarliker

as oppervlakmynbou, omdat tonnels ineen kan tuimel en gevaarlike gasse

ondergronds kan opbou.

Ons sal binnekort verder na oppervlak- en ondergrondse mynbou kyk.

Mineraalwinning ESE7H

Sodra die erts ontgin is, word dit gewoonlik fyner gemaak sodat dit makliker verwerk

kan word. Die mineraal moet dan uit die erts gehaal word.

Outydse mense het vinnig geleer dat vuur gebruik kon word om die metale te louter.

Hierdie tegniek staan as smeltwerk bekend. Dit was die vroegste metode wat gebruik

is om die mineraal uit die erts te win.

482 14.3. Die mynbedryf en mineraal verwerking