03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

• ’n Brønsted-Lowry basis is ’n stof wat protone opneem (waterstofkatioon H + ), en

word daarom ’n proton akseptor genoem.

• ’n Amfoteriese stof is een wat òf as ’n suur òf as ’n basis kan optree. Water (H2O)

is ’n voorbeeld van ’n amfiprotiese stof.

• ’n Amfiprotiese stof is een wat kan reageer as òf ’n protonskenker (Brønsted-

Lowry suur) òf as protonontvanger (Brønsted-Lowry basis). HCO − 3 en HSO− 4 is

voorbeelde van amfiprotiese stowwe.

• ’n Gekonjugeerde suur-basispaar verwys na twee verbindings in ’n reaksie (een

reagens en een produk) wat transformeer of verander na ’n ander verbinding

deur die wins of verlies van ’n proton.

• Die reaksie tussen ’n suur en ’n basis is ’n neutralisasie reaksie.

• Sure en basisse word huishoudelik gebruik (byvoorbeeld kalsiumkarbonaat om

suur grond te behandel), in biologie (byvoorbeeld in teensuurmiddels vir maagswere),

en in die industrie (byvoorbeeld vir die absorbering van skadelike SO2

gasse).

• Indikators is chemiese verbindings wat van kleur verander afhangende van of

hulle in ’n suur of ’n basis is.

• Wanneer ’n suur met ’n metaalhidroksied reageer word ’n sout en water gevorm.

Die sout bestaan uit ’n katioon van die basis, en ’n anioon van die suur. ’n

Voorbeeld van ’n sout is kaliumchloried (KCl), wat die produk is van ’n reaksie

tussen kaliumhidroksied (KOH) en soutsuur (HCl).

• Wanneer ’n suur met ’n metaaloksied reageer word ’n sout en water gevorm. ’n

Voorbeeld is die reaksie tussen magnesiumoksied (MgO) en soutsuur (HCl).

• Wanneer ’n suur met ’n metaalkarbonaat reageer, word ’n sout, water en koolstofdioksied

gevorm. ’n Voorbeeld is die reaksie tussen kalsuimkarbonaat (CaCO3)

en soutsuur (HCl).

• Oksidasie is die verlies van elektrone deur ’n molekule, atoom of ioon.

• Reduksie is die aanwins van elektrone deur ’n molekule, atoom of ioon.

• ’n Redoksreaksie is een wat oksidasie en reduksie behels, en waar daar altyd ’n

verandering is in die oksidasiegetalle van die elemente wat betrokke is. Redoksreaksies

behels die oordrag van elektrone vanaf een verbinding na ’n ander.

• ’n Oksidasiegetal is die lading wat ’n atoom sou hê indien dit in ’n verbinding

wat uit ione bestaan sou wees.

• As die oksidasiegetal van ’n spesie meer positief word, is die spesie geoksideer,

en as die oksidasiegetal van die spesie meer negatief word, is die spesie gereduseer.

• ’n Halfreaksie is òf die oksidasie òf die reduksiegedeelte van ’n redoksreaksie.

In die twee halfreaksies van ’n redoksreaksie is die aantal elektrone wat geskenk

word presies dieselfde as die aantal elektrone wat ontvang word.

• ’n Element wat geoksideer is word ’n reduseermiddel genoem, terwyl ’n element

wat gereduseer is ’n oksideermiddel genoem word.

470 13.4. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!