03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die reaksie vir yster is die oksidasie-halfreaksie, aangesien yster meer positief word

(elektrone verloor). Die reaksie vir chloor is die reduksie-halfreaksie, aangesien chloor

meer negatief word (elektrone bykry).

Stap 5: Kombineer die twee halfreaksies

2Fe 2+ → 2Fe 3+ +2e −

+ Cl2 +2e − → 2Cl −

2Fe 2+ + Cl2 +2e − → 2Fe 3+ + 2Cl − +2e −

Stap 6: Skryf die finale antwoord neer

Die uitkansellering van die elektrone lewer:

2Fe 2+ (aq) + Cl2(aq) → 2Fe 3+ (aq) + 2Cl − (aq)

Let daarop dat ons die koëffisiënte voor die yster-ione los, aangesien die lading aan

die linkerkant dieselfde as aan die regterkant van die redoksreaksie moet wees.

In die voorbeeld hierbo het ons nie nodig gehad om te weet of die reaksie in ’n suurof

basiese medium (oplossing) plaasvind nie. As daar egter waterstof of suurstof in die

reaktante en nie in die produkte is nie (of as daar waterstof of suurstof in die produkte

maar nie in die reagense is nie), moet ons weet in watter medium die reaksie plaasvind.

Dit sal ons help om die redoksreaksie te balanseer.

As die redoksreaksie in ’n suurmedium plaasvind, dan kan ons watermolekules aan

enige kant van die reaksievergelyking toevoeg om die aantal suurstofatome te laat balanseer.

Ons kan ook waterstof-ione byvoeg om die aantal waterstofatome te balanseer.

Ons doen dit omdat ons die netto ioonvergelyking vir redoksreaksies neerskryf (wat

slegs die ione wat betrokke is wys, en dikwels net die ione wat die elemente bevat

wat van oksidasiegetal verander), en nie die netto reaksievergelyking (wat al die verbindings

toon wat in die reaksie betrokke is) nie. As ’n Brønstedsuur in water opgelos

is, sal daar vrye waterstof-ione in die oplossing wees.

As die redoksreaksie in ’n basiese medium plaasvind, dan kan ons watermolekules

aan enige kant van die reaksievergelyking toevoeg om die aantal suurstofatome te laat

balanseer. Ons kan ook hidroksied-ione (OH − ) byvoeg om die aantal waterstofatome

te balanseer. Ons doen dit omdat ons die netto ioonvergelyking vir redoksreaksies

neerskryf (wat slegs die ione wat betrokke is wys, en dikwels net die ione wat die

elemente bevat wat van oksidasiegetal verander), en nie die netto reaksievergelyking

(wat al die verbindings toon wat in die reaksie betrokke is) nie. As ’n Brønsted-basis in

water opgelos is, sal daar vrye hidroksied-ione in die oplossing wees.

466 13.3. Redoksreaksies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!