everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

As ’n reagens, het chloor ’n oksidasiegetal van zero, maar as deel van die produk magnesiumchloried het hierdie element ’n oksidasiegetal van −1. Elke chlooratoom het ’n elektron bygekry, en hierdie element is dus gereduseer (let op hoe die oksidasiegetal meer negatief word). Die halfreaksie vir hierdie verandering is: DEFINISIE: Halfreaksie Cl2 +2e − → 2Cl − ’n Halfreaksie is òf die oksidasie- òf die reduksiegedeelte van die redoksreaksie. In die twee halfreaksies van ’n redoksreaksie is die aantal elektrone wat geskenk is presies dieselfde as die aantal elektrone wat ontvang is. Ons gaan hierdie beginsel gebruik om ons te help om redoksreaksies te balanseer. Twee verdere terme wat ons in redoksreaksies gebruik en wat jy mag teëkom is reduseermiddels en oksideermiddels. ’n Element wat geoksideer is, word ’n reduseermiddel genoem, terwyl ’n element wat gereduseer is, ’n oksideermiddel genoem word. Jy kan hierdie onthou deur daaraan te dink dat wanneer ’n verbinding geoksideer word, veroorsaak dit dat die ander verbinding gereduseer word (die elektrone moet iewers heen gaan, en hulle gaan na die verbinding wat gereduseer word). Redoksreaksies DEFINISIE: Redoksreaksie ’n Redoksreaksie is een wat oksidasie en reduksie behels, en waar daar altyd ’n verandering is in die oksidasiegetalle van die betrokke elemente. Informele eksperiment: Redoksreaksie - verplasingsreaksie Doel: Om die redoksreaksie tussen kopersulfaat en sink te ondersoek. Materiale: • ’n Paar korrels sink • 15 ml koper(II)sulfaatoplossing (blou kleur) • glasbeker sink korrels kopersulfaat oplossing Hoofstuk 13. Reaksietipes 461

Metode: Voeg die sinkkorrels by die kopersulfaatoplossing en neem waar wat gebeur. Wat gebeur met die sinkkorrels? Wat gebeur met die kleur van die oplossing? Resultate: • Die sink word oordek met ’n lagie wat soos koper lyk. • Die kopersulfaatoplossing word helderder. Cu 2+ ione van die CuSO4 oplossing is gereduseer om kopermetaal te vorm. Dit is wat jy op die sinkkorrels gesien het. Die reduksie van die koper-ione (met ander woorde, hulle verwydering vanuit die kopersulfaatoplossing), verklaar ook die kleurverandering van die oplossing (koper-ione in oplossing is blou). Die vergelyking vir hierdie reaksie is: Cu 2+ (aq) + 2e − → Cu (s) Sink is geoksideer om Zn 2+ -ione te vorm, wat ’n helder oplossing gee. Die vergelyking vir hierdie reaksie is: Die volle reaksie is: Gevolgtrekking: Zn (s) → Zn 2+ (aq) + 2e − Cu 2+ (aq) + Zn (s) → Cu (s) + Zn 2+ (aq) ’n Redoksreaksie het plaasgevind. Cu 2+ -ione is gereduseer en die sink is geoksideer. Hierdie is ’n verplasingsreaksie aangesien die sink die koper-ione vervang om sinksulfaat te vorm. Informele eksperiment: Redoksreaksie - sintesereaksie Doel: Om die redoksreaksie wat plaasvind wanneer magnesium in lug gebrand word te ondersoek. Materiale: ’n Stuk magnesiumlint; bunsenbrander; tang; glasbeker. 462 13.3. Redoksreaksies

As ’n reagens, het chloor ’n oksidasiegetal van zero, maar as deel van die produk magnesiumchloried

het hierdie element ’n oksidasiegetal van −1. Elke chlooratoom het ’n

elektron bygekry, en hierdie element is dus gereduseer (let op hoe die oksidasiegetal

meer negatief word). Die halfreaksie vir hierdie verandering is:

DEFINISIE: Halfreaksie

Cl2 +2e − → 2Cl −

’n Halfreaksie is òf die oksidasie- òf die reduksiegedeelte van die redoksreaksie.

In die twee halfreaksies van ’n redoksreaksie is die aantal elektrone wat geskenk is

presies dieselfde as die aantal elektrone wat ontvang is. Ons gaan hierdie beginsel

gebruik om ons te help om redoksreaksies te balanseer.

Twee verdere terme wat ons in redoksreaksies gebruik en wat jy mag teëkom is reduseermiddels

en oksideermiddels.

’n Element wat geoksideer is, word ’n reduseermiddel genoem, terwyl ’n element wat

gereduseer is, ’n oksideermiddel genoem word.

Jy kan hierdie onthou deur daaraan te dink dat wanneer ’n verbinding geoksideer

word, veroorsaak dit dat die ander verbinding gereduseer word (die elektrone moet

iewers heen gaan, en hulle gaan na die verbinding wat gereduseer word).

Redoksreaksies

DEFINISIE: Redoksreaksie

’n Redoksreaksie is een wat oksidasie en reduksie behels, en waar daar altyd ’n verandering

is in die oksidasiegetalle van die betrokke elemente.

Informele eksperiment: Redoksreaksie - verplasingsreaksie

Doel:

Om die redoksreaksie tussen kopersulfaat en sink te ondersoek.

Materiale:

• ’n Paar korrels sink

• 15 ml koper(II)sulfaatoplossing (blou

kleur)

• glasbeker sink korrels kopersulfaat

oplossing

Hoofstuk 13. Reaksietipes

461

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!