everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Oksidasiegetalle ESE75 Deur elemente ’n oksidasiegetal te gee, is dit moontlik om te bepaal of die element elektrone verloor of bykry gedurende die chemiese reaksie. Hierdie verloorde elektrone in een gedeelte van die reaksie moet balanseer met die toename van elektrone in ’n ander gedeelte van die reaksie. DEFINISIE: Oksidasiegetal Oksidasiegetal is die lading ’n atoom moet hê as dit in ’n samestelling met ione was. Die reëls wat jy moet weet aangaande oksidasiegetalle is hieronder gelys. 1. ’n Molekule met slegs een element het altyd ’n oksidasiegetal van nul, omdat dit neutraal is. Byvoorbeeld, die oksidasiegetal van waterstof in H2 is 0. Die oksidasiegetal van broom in Br2 is ook 0. 2. Mono-atomiese ione (ione met slegs een element of atoom) het ’n oksidasiegetal wat gelyk is aan die lading op die ioon. Byvoorbeeld, die chloried-ioon Cl − het ’n oksidasiegetal van −1 en die magnesiumioon Mg 2+ het ’n oksidasiegetal van +2. 3. In ’n molekule of verbinding sal die som van die oksidasiegetalle van al die elemente in die molekule of verbinding nul wees. Die som van die oksidasiegetalle van die elemente in water sal byvoorbeeld 0 wees. 4. In ’n poli-atomiese ioon is die som van die oksidasie nommers gelyk aan die lading. Die som van die oksidasiegetalle vir die elemente in die sulfaat-ioon (SO 2− 4 ) sal byvoorbeeld −2 wees. 5. ’n Suurstofatoom het gewoonlik ’n oksidasiegetal van −2. Een uitsondering is in peroksiede (byvoorbeeld waterstofperoksied) waar suurstof ’n oksidasiegetal van −1 het. Suurstof in water het byvoorbeeld ’n oksidasiegetal van −2, terwyl dit in waterstofperoksied (H2O2) ’n oksidasiegetal van −1 het. 6. Die oksidasiegetal van waterstof is dikwels +1. Een uitsondering is in die metaalhidriede, waar die oksidasiegetal −1 is. Die oksidasiegetal van die waterstofatoom in water is byvoorbeeld +1, terwyl die oksidasiegetal van waterstof in litiumhidried (LiH) is −1. 7. Die oksidasiegetal van fluoor is −1. Hoofstuk 13. Reaksietipes WENK Jy sal oplet dat sommige elemente altyd dieselfde oksidasiegetal het, terwyl ander elemente se oksidasiegetalle kan verander afhangende van die verbinding waarin hulle is. 457

Uitgewerkte voorbeeld 1: Oksidasiegetalle VRAAG Gee die oksidasiegetal van swael in ’n sulfaat (SO 2− 4 ) ioon OPLOSSING Stap 1: Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom Suurstof sal ’n oksidasiegetal van −2 hê. (Reël 5, hierdie is nie ’n peroksied nie.) Die oksidasiegetal van swael is op hierdie stadium nog onseker aangesien swael nie ’n vaste oksidasiegetal het nie. Stap 2: Bepaal die oksidasiegetal van swael deur gebruik te maak van die feit dat die oksidasiegetalle van atome moet optel om die lading van die verbinding te gee. In die poli-atomiese SO 2− 4 ioon moet die som van die oksidasiegetalle −2 wees (reël 4). Laat die oksidasiegetal van swael x wees. Ons weet dat suurstof ’n oksidasiegetal van −2 het, en aangesien daar vier suurstofatome in die sulfaat-ioon is, is die som van die oksidasiegetalle van hierdie vier suurstofatome −8. Saamgevat gee hierdie: Dus is die oksidasiegetal van swael +6. Stap 3: Skryf die finale antwoord neer x +(−8) = −2 x = −2+8 = +6 In die sulfaat-ioon is die oksidasiegetal van die swael +6. Uitgewerkte voorbeeld 2: Oksidasiegetalle VRAAG Gee die oksidasiegetalle van beide elemente in ammoniak(NH3). OPLOSSING Stap 1: Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom Waterstof sal ’n oksidasiegetal van +1 hê (reël 6, ammoniak is nie ’n metaalhidried nie). Op hierdie stadium weet ons nog nie wat die oksidasiegetal van stikstof is nie. Stap 2: Bepaal die oksidasiegetal van stikstof deur gebruik te maak van die feit dat die oksidasiegetalle van atome moet optel om die lading van die verbinding te gee. 458 13.3. Redoksreaksies

Uitgewerkte voorbeeld 1: Oksidasiegetalle

VRAAG

Gee die oksidasiegetal van swael in ’n sulfaat (SO 2−

4 ) ioon

OPLOSSING

Stap 1: Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom

Suurstof sal ’n oksidasiegetal van −2 hê. (Reël 5, hierdie is nie ’n peroksied nie.) Die

oksidasiegetal van swael is op hierdie stadium nog onseker aangesien swael nie ’n

vaste oksidasiegetal het nie.

Stap 2: Bepaal die oksidasiegetal van swael deur gebruik te maak van die feit dat die

oksidasiegetalle van atome moet optel om die lading van die verbinding te gee.

In die poli-atomiese SO 2−

4 ioon moet die som van die oksidasiegetalle −2 wees (reël

4).

Laat die oksidasiegetal van swael x wees. Ons weet dat suurstof ’n oksidasiegetal van

−2 het, en aangesien daar vier suurstofatome in die sulfaat-ioon is, is die som van die

oksidasiegetalle van hierdie vier suurstofatome −8.

Saamgevat gee hierdie:

Dus is die oksidasiegetal van swael +6.

Stap 3: Skryf die finale antwoord neer

x +(−8) = −2

x = −2+8

= +6

In die sulfaat-ioon is die oksidasiegetal van die swael +6.

Uitgewerkte voorbeeld 2: Oksidasiegetalle

VRAAG

Gee die oksidasiegetalle van beide elemente in ammoniak(NH3).

OPLOSSING

Stap 1: Bepaal die oksidasiegetal vir elke atoom

Waterstof sal ’n oksidasiegetal van +1 hê (reël 6, ammoniak is nie ’n metaalhidried

nie). Op hierdie stadium weet ons nog nie wat die oksidasiegetal van stikstof is nie.

Stap 2: Bepaal die oksidasiegetal van stikstof deur gebruik te maak van die feit dat

die oksidasiegetalle van atome moet optel om die lading van die verbinding te gee.

458 13.3. Redoksreaksies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!