03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WENK

Jy kan dit as volg onthou:

oksidasie en verloor (van

elektrone) albei ’n “o” in

het, end reduksie en die

bykry (van elektrone)

albei ’n “r” in het.

Oefening 13 – 6: Sure en basisse

Vir elk van die volgende reagense beskryf watter tipe suur-basis-reaksie die paar van

die reaktante ondergaan en skryf die gebalanseerde reaksievergelyking.

1. HNO3 en Ca(OH)2

2. HCl en BeO

3. HI en K2CO3

4. H3PO4 en KOH

5. HCl en MgCO 3

6. HNO3 en Al2O3

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 27FT 2. 27FV 3. 27FW 4. 27FX 5. 27FY 6. 27FZ

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

13.3 Redoksreaksies ESE74

As jy ’n stukkie geroesde metaal sien, is dit die

eind resultaat van ’n redoksreaksie (yster en suurstof

vorm ysteroksied).

As sekere reaksies gebeur, vind daar uitruiling van elektrone plaas. Dit is die uitruiling

van elektrone wat lei tot die verandering in lading wat ons gesien het in graad 10

(hoofstuk 18, reaksies in wateroplossings). Wanneer ’n atoom elektrone bykry word

dit meer negatief en wanneer dit elektrone verloor, word dit meer positief.

Oksidasie is die verlies van elektrone vanaf ’n atoom, terwyl reduksie die bykry van

elektrone by ’n atoom is. In ’n reaksie gebeur hierdie twee prosesse saam sodat een

element of verbinding elektrone bykry, terwyl ’n ander element of verbinding elektrone

verloor. Dis hoekom ons dit ’n redoksreaksie noem. Dis ’n verkorte manier om

reduksie-oksidasie te sê!

DEFINISIE: Oksidasie

Oksidasie is die verlies van elektrone by ’n molekule, atoom of ioon.

DEFINISIE: Reduksie

Reduksie is die bykry van elektrone by ’n molekule, atoom of ioon.

Voor ons na redoksreaksies kyk moet ons eers leer hoe om te kan sien dat dit ’n

redoks reaksie is. In graad 10 het jy geleer dat ’n redoksreaksie te doen het met die

verandering in lading op ’n atoom. Nou gaan ons kyk hoekom die verandering in

lading gebeur.

456 13.3. Redoksreaksies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!