03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

FEIT

Bysteke is suur en het ‘n

pH tussen 5 en 5,5. Dit

kan verlig word deur

verbindings soos

natriumbikarbonaat of

melk van magnesia aan te

wend. Beide basisse help

om die suurheid van die

bysteek te neutraliseer.

2. Waterstofbromied reageer met kaliumhidroksied om kaliumbromied (‘n sout) en

water te vorm. Kaliumbromied is saamgestel uit K + katione van die basis (KOH)

en Br − anione van die suur (HBr).

HBr (aq) + KOH (aq) → H2O (l) + KBr (aq)

3. Soutsuur reageer met ammoniak om ammoniumchloried (‘n sout) te vorm. Ammoniumchloried

is saamgestel uit NH + 4 katione van die basis (NH3) en Cl −

anione van die suur (HCl).

HCl (aq) + NH3(aq) → NH4Cl (aq)

Jy sal opmerk dat die basis in die eerste twee voorbeelde OH − ione bevat, en daarom

was die produkte sout en water. NaCl (tafelsout) en KBr is beide soute. In die derde

voorbeeld, tree NH3 ook op as ‘n basis ongeag of dit OH − ione het. ‘n Sout word

steeds as produk gevorm, maar geen water vorm nie.

Dit is belangrik om te besef hoe handig hierdie neutralisasiereaksies is. Let op die

voorbeelde hieronder:

• Huishoudelike gebruik

Kalsiumoksied (CaO) is ‘n basis (alle metaaloksiede is basisse) wat in grond ingewerk

word om suurheid tee te werk. Verpoeierde kalksteen (CaCO3) kan ook

gebruik word maar die werking is baie stadiger en minder effektief. Hierdie

verbindings kan ook op groter skaal in die landbou en in riviere gebruik word.

Kalksteen (wit klip of kalsiumkarbonaat) word in put toilette (veldtoilette) gebruik.

Die kalk is ‘n basis en help om die suur afval te neutraliseer.

• Biologiese gebruike

Maagsuur (bv. soutsuur) speel ‘n belangrike rol in die vertering van voedsel.

Indien ‘n persoon egter ‘n maagseer het, of te veel suur in die maag het, kan

die sure baie pyn veroorsaak. Teensuurmiddels word geneem om die suur te

neutraliseer sodat dit nie soveel brand nie. Voorbeelde van teensuurmiddels is

aluminiumhidroksied, magnesiumhidroksied (“Melk van Magnesia”) en natriumbikarbonaat

(“koeksoda”). Teensuurmiddels kan ook gebruik word om sooibrand

te verlig.

• Industriële gebruike

Basiese kalsiumhidroksied (kalkwater)kan gebruik word om skadelike suur SO2

gas, wat vrygestel word deur steenkool kragsentrales wat fossielbrandstof brand,

te absorbeer

Algemene eksperiment: Suur-basis reaksies

Doel:

DIe ondrsoek van suur-basis reaksies

Apparaat en materiaal:

• Volumetriese fles

• ellenmeyerflesse

448 13.2. Suur-basis reaksies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!