03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WENK

Tot nou toe het jy gekyk

na reaksies wat met

reaktante begin en na

produkte gaan. Vir sure

en basisse moet ons ook

oorweging skenk aan wat

sal gebeur indien ons die

reaktante en basisse

omruil. Dit sal jou help

om gekonjugeerde

suur-basispare te verstaan.

WENK

Die woord konjugeer

beteken gekoppel of

gekonnekteer.

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Gekonjugeerde suur-basispare ESE6X

Beskou die reaksie tussen soutsuur en ammoniak om ammonium en chloried-ione

(weereens het ons die verskillende dele van die vergelyking aangedui):

HCl (aq) + NH3(aq) → NH + 4 (aq) + Cl− (aq)

Kyk wat gebeur met elkeen van die reaktante in die reaksie:

HCl (aq) → Cl − (aq) en

NH3(aq) → NH + 4 (aq)

Ons sien dat HCl treë as die suur op, en NH3 treë as die basis op.

Maar wat as ons eintlik die volgende reaksie gehad het:

NH + 4 (aq) + Cl− (aq) → HCl (aq) + NH3(aq)

Hierdie is dieselfde reaksie as die eerste een, maar die produkte is nou die reaktante.

As ons nou kyk na wat met elkeen van die reaktante gebeur sien ons die volgende:

NH + 4 (aq) → NH3(aq) en

Cl − (aq) → HCl (aq)

Ons sien dat NH + 4 treë as die suur op, en Cl− treë as die basis op.

Wanneer HCl (die suur) ’n proton verloor vorm dit Cl − (die basisse). En dat wanneer

Cl − (die basis) ’n proton bykry vorm dit HCl (die suur). Ons noem hierdie twee spesies

’n gekonjugeerde suur-basispaar. Op soortgelyke wyse vorm NH3 en NH + 4 ’n

gekonjugeerde suur-basispaar.

Ons kan dit voorstel as:

gekonjugeerde paar

HCl + NH3

NH + 4 + Cl−

suur 1 basis 2 suur 2 basis 1

gekonjugeerde paar

446 13.1. Sure en basisse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!