03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ten einde te besluit watter stof ’n proton donor en watter stof ’n proton akseptor

is, is dit nodig om te kyk wat met elke reaktant gebeur. Die reaksie kan as volg

ontbondel word:

HCl (aq) → Cl − (aq) en

NH3(aq) → NH + 4 (aq)

Uit hierdie reaksies is dit duidelik dat HCl ’n proton donor is en daarom ’n suur,

en dat NH3 ’n proton akseptor is en daarom ’n basis.

2. CH3COOH (aq) + H2O (l) → H3O + (aq) + CH3COO − (aq)

Ons belemtoon weereens die reaktante wat ons in die volgende reaksie wil volg:

CH3COOH (aq) + H2O (l) → H3O + (aq) + CH3COO − (aq)

Die reaksie kan as volg ontbondel word:

CH3COOH (aq) → CH3COO− (aq) en

H2O (l) → H3O + (aq)

In hierdie reaksie is CH3COOH (asynsuur of asyn)’n proton donor en tree daarom

as ’n suur op. In hierdie geval tree water as ’n basis op omdat dit ’n proton aksepteer

om H3O + te vorm.

3. NH3(aq) + H2O (l) → NH + 4 (aq) + OH− (aq)

Ons belemtoon weereens die reaktante wat ons in die volgende reaksie wil volg:

NH3(aq) + H2O (l) → NH + 4 (aq) + OH− (aq)

Die reaksie kan as volg ontbondel word:

H2O (l) → OH− (aq) en

NH3(aq) → NH + 4 (aq)

In hierdie reaksie skenk of doneer water ’n proton en tree daarom as ’n suur op.

Ammoniak aksepteer of ontvang die proton en is daarom die basis.

Let daarop dat ons in hierdie voorbeelde na gemene elemente gekyk het om die reaksie

in twee te ontbondel. In die eerste voorbeeld het ons waargeneem wat met die chloor

gebeur ten einde te sien of dit deel van ’n suur of basis was. Ons het ook na die stikstof

gekyk om te sien of dit ’n suur of basis was. Jy moet ook daarop let dat die suur een

waterstofatoom minder aan die regterkant van die vergelyking het en dat die basis een

ekstra waterstofatoom aan die regterkant het.

Amfoteriese stowwe

In voorbeelde 2 en 3 hierbo sien ons iets interessants omtrent water. In voorbeeld 2

sien ons dat water soos ’n basis optree (dit ontvang ’n proton). Maar in voorbeeld 3

sien ons egter dat water soos ’n suur optree (dit doneer ’n proton)!

Afhangende daarvan waarmee water reageer, kan dit òf as ’n basis òf as ’n suur optree.

Daar word gesê dat water amfoteries is. In hierdie opsig is water nie uniek nie, verskeie

ander stowwe is ook amfoteries.

DEFINISIE: Amfoteries

’n Amfoteriese stof is een wat of as ’n suur of as ’n basis reageer.

444 13.1. Sure en basisse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!