03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Met verloop van tyd is ’n hele aantal definisies vir sure en basisse ontwikkel. Een

van die eerste was die Arrhenius definisie. Arrhenius (1887) het agtergekom dat water,

volgens die volgende vergelyking, in hidronium-(H3O + ) en hidroksied(OH − )ione

ioniseer (opbreek):

2H2O (l) → H3O + (aq) + OH − (aq)

Arrhenius beskryf ’n suur as ’n verbinding wat die konsentrasie van die H3O + ione in

water verhoog en ’n basis as ’n verbinding wat die konsentrasie van die OH − ione in

water verhoog.

Kyk na die volgende voorbeelde wat die ionisasie van soutsuur en die dissosiasie van

natriumhidroksied (basis) onderskeidelik aandui:

1. HCl (aq) + H2O(l) → H3O + (aq) + Cl − (aq)

Wanneer soutsuur in water oplos verhoog die konsentrasie van die H3O + ione

en is daarom ’n suur.

2. NaOH (s) H2O

−→ Na + (aq) + OH− (aq)

Wanneer natriumhidroksied in water oplos verhoog die konsentrasie van die

OH − ione en natriumhidroksied is daarom ’n basis.

Let op dat ons H2O

−→ skryf om aan te dui dat water vir dissosiasie benodig word.

Maar, hierdie definisie kan slegs vir sure en basisse in waterige reaksies gebruik word.

Aangesien daar baie reaksies is wat nie in water plaasvind nie was dit belangrik om

met ’n breër definisie vir sure en basisse vorendag te kom.

In 1923 bou Lowry en Brønsted voort op die werk van Arrhenius en ontwikkel ’n breer

definisie vir sure en basisse. Die Brønsted-Lowry model definieer sure en basisse op

grond van hulle vermoë om protone te doneer of te aksepteer

DEFINISIE: Sure

’n Brønsted-Lowry suur is ’n stof wat protone afstaan (waterstofkatione H + ), en word

daarom ’n proton donor genoem.

DEFINISIE: Basisse

’n Brønsted-Lowry basis is ’n stof wat protone opneem (waterstofkatioon H + ), en word

daarom ’n proton akseptor genoem.

Hieronder ’n aantal voorbeelde:

1. HCl (aq) + NH3(aq) → NH + 4 (aq) + Cl− (aq)

Ons beklemtoon chloor en stikstof sodat ons kan volg wat met die elemente gebeur

wanneer hulle reageer. Ons beklemtoon nie die waterstofatome nie omdat

ons belangstel hoe hulle verander. Die kleurkodering is alleenlik om jou behulpsaam

te wees om aspekte van die reaksie te identifiseer en verteenwoordig

geensins enige eienskap van hierdie elemente nie.

HCl (aq) + NH3(aq) → NH + 4 (aq) + Cl− (aq)

Hoofstuk 13. Reaksietipes

WENK

Vir verdere inligting

omtrent dissosiasie,

verwys na Graad

10(Hoofstuk 18: reaksies

in waterige medium).

443

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!