03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

13 Reaksietipes

Chemiese reaksies vind reg rondom jou plaas. Groen plante wat fotosinteer, binnebrandenjins

van motorkarre wat op die reaksie tussen petron en lug staatmaak en jou

liggaam wat baie komplekse reaksies uitvoer. In hierdie hoofstuk gaan ons na twee

alledaagse reaksietipes kyk wat in die omgewing rondom jou of in die laboratorium

plaasvind. Die twee reaksies ter sprake is suur-basis reaksies en redoks reaksies.

13.1 Sure en basisse ESE6T

Wat is sure en basisse? ESE6V

Aktiwiteit: Huishoudelike sure en basisse

Gaan kyk by die huis en skool rond en vind voorbeelde van sure en basisse. Onthou

dat voedsel ook suur of basies kan wees.

Maak ’n lys van al die items wat jy gekry het. Waarom dink jy dat hulle sure of basisse

is?

’n Paar alledaagse sure en basisse, tesame met hulle chemiese formules, word in Tabel

13.1 vertoon.

Suur Formule Basis Formule

Waterstofchloriedsuur HCl Natriumhidroksied NaOH

Swawelsuur H2SO4 Kaliumhidroksied KOH

Swaweligsuur H2SO3 Natriumkarbonaat Na2CO3

Asynsuur (entanoësuur) CH3COOH Kalsiumhidroksied Ca(OH)2

Koolsuur H2CO3 Magnesiumhidroksied Mg(OH)2

Salpetersuur HNO3 Ammoniak NH3

Fosforsuur H3PO4 Natriumwaterstofkarbonaat NaHCO3

Tabel 13.1: Alledaagse sure en basisse met hulle chemiese formules

Die meeste sure deel sekere eienskappe en die meeste basisse deel óók sekere eienskappe.

Dit is belangrik om ’n definisie vir sure en basisse te hê sodat hulle korrek in

reaksies geïdentifiseer kan word.

Definisie van sure en basisse ESE6W

Een van die eerste dinge wat mense omtrent sure agtergekom het, is dat hulle ’n suur

smaak het. Basisse weer, het hulle agtergekom, het ’n seperige gevoel en proe bitter.

Maar, toe chemikusse reaksies begin neerskryf het, was meer praktiese definisies

nodig.

442 13.1. Sure en basisse

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!