everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Uitgewerkte voorbeeld 1: Aktiveringsenergie VRAAG Verwys na die grafiek hieronder en beantwoord dan die daaropvolgende vrae: Potensiële energie 103 kJ 45 kJ 10 kJ 1. Bereken ∆H. Tyd 2. Waarom is die reaksie endotermies of eksotermies? 3. Bereken die aktiveringsenergie vir hierdie reaksie. OPLOSSING Stap 1: Bereken ∆H ∆H word verkry deur die energie van die reagense van die energie van die produkte af te trek. Ons kry die energie van die reagense en produkte vanaf die grafiek. ∆H = energie van produkte − energie van reagense = 10 kJ − 45 kJ = −35 kJ Stap 2: Bepaal of dit eksotermies of endotermies is Die reaksie is eksotermies omdat ∆H < 0. Ons merk ook op dat die energie van die reagense hoër as die energie van die produkte is. Stap 3: Bereken die aktiveringsenergie Die aktiveringsenergie word gekry deur die energie van die reagense van die energie van die geaktiveerde kompleks af te trek. Ons kan weereens die energie van die reagense en geaktiveerde kompleks van die grafiek aflees. aktiveringsenergie = energie van geaktiveerde kompleks − energie van reagense = 103 kJ − 45 kJ = 58 kJ Hoofstuk 12. Energie en chemiese verandering 435

Oefening 12 – 3: Energie en reaksies 1. Koolstof reageer met water volgens die volgende vergelyking: C (s) + H2O (g) → CO (g) + H2(g) ∆H >0 Is hierdie reaksie endotermies of eksotermies? Gee ’n rede vir jou antwoord. 2. Verwys na die grafiek hieronder en beantwoord dan die daaropvolgende vrae: Potensiële energie 25 kJ 0 kJ −15 kJ Tyd a) Wat is die energie van die reagense? b) Wat is die energie van die produkte? c) Bereken ∆H. d) Wat is die aktiveringsenergie vir hierdie reaksie? Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 27DW 2. 27DX www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za 12.4 Opsomming ESE6S Sien aanbieding: 27DY op www.everythingscience.co.za • Wanneer ’n reaksie plaasvind, word die bindings in die reagense gebreek en nuwe bindings vind plaas om die produkte te vorm. Hierdie veranderinge behels energie. • Wanneer bindings gebreek word word energie geabsorbeer en as nuwe bindings gevorm word, word energie vrygestel. • Die bindingsenergie is ’n maatstaf van die bindingsterkte van ’n sekere chemiese binding. Dit is die hoeveelheid energie (in kJ·mol −1 ) wat benodig word om die chemiese binding tussen die twee atome breek. 436 12.4. Opsomming

Oefening 12 – 3: Energie en reaksies

1. Koolstof reageer met water volgens die volgende vergelyking:

C (s) + H2O (g) → CO (g) + H2(g) ∆H >0

Is hierdie reaksie endotermies of eksotermies?

Gee ’n rede vir jou antwoord.

2. Verwys na die grafiek hieronder en beantwoord dan die daaropvolgende vrae:

Potensiële energie

25 kJ

0 kJ

−15 kJ

Tyd

a) Wat is die energie van die reagense?

b) Wat is die energie van die produkte?

c) Bereken ∆H.

d) Wat is die aktiveringsenergie vir hierdie reaksie?

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 27DW 2. 27DX

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

12.4 Opsomming ESE6S

Sien aanbieding: 27DY op www.everythingscience.co.za

• Wanneer ’n reaksie plaasvind, word die bindings in die reagense gebreek en

nuwe bindings vind plaas om die produkte te vorm. Hierdie veranderinge behels

energie.

• Wanneer bindings gebreek word word energie geabsorbeer en as nuwe bindings

gevorm word, word energie vrygestel.

• Die bindingsenergie is ’n maatstaf van die bindingsterkte van ’n sekere chemiese

binding. Dit is die hoeveelheid energie (in kJ·mol −1 ) wat benodig word om die

chemiese binding tussen die twee atome breek.

436 12.4. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!