everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

12.2 Eksotermiese en endotermiese reaksies ESE6P Die reaksiewarmte ESE6Q Die reaksiewarmte word deur die simbool ∆H verteenwoordig, waar: ∆H = Eprodukte − Ereagense • In ’n eksotermiese reaksie, is ∆H negatief, kleiner as nul, omdat die energie van die reagense hoër is as die energie van die produkte. Energie word tydens die reaksie vrygestel. Byvoorbeeld, H2(g) + Cl2(g) → 2HCl (g) ∆H < 0 • In ’n endotermiese reaksie, is ∆H positief, groter as nul, omdat die energie van die reagense laer is as die energie van die produkte. Energie word tydens die reaksie geabsorbeer. Byvoorbeeld, C (s) + H2O (l) → CO (g) + H2(g) ∆H > 0 Van die inligting rakende eksotermiese en endotermiese reaksies word in Tabel 12.1 opgesom. Tipe reaksie Eksotermies Endotermies Energie vrygestel geabsorbeer of Vrygestel Geabsorbeer Relatiewe energie van re- Energie van reagense is Energie van reagense is agense en produkte hoër as energie van pro- laer as as die energie van duk die produk Teken van ∆H Negatief (d.i. < 0) Positief (d.i. > 0) Tabel 12.1: ’n Vergelyking tussen eksotermiese en endotermiese reaksies Skryf van vergelykings met gebruik van ∆H Die reaksiewarmte kan op een van twee maniere vir ’n reaksie geskryf word. Vir ’n eksotermiese reaksie, C(s) + O2(g) → CO2(g), sou ons kon skryf: C(s) + O2(g) → CO2(g) ∆H = −393 kJ·mol −1 of C(s) + O2(g) → CO2(g) + 393 kJ·mol −1 Vir ’n endotermiese reaksie, C(s) + H2O(g) → H2(g) + CO(g), sou ons kon skryf: C(s) + H2O(g) → H2(g) + CO(g) ∆H = +131 kJ·mol −1 of C(s) + H2O(g) + +131 kJ·mol −1 → H2(g) + CO(g) Hoofstuk 12. Energie en chemiese verandering WENK ∆H is vir baie en verskillende reaksies bereken en eerder as om te sê dat ∆H positief of negatief is, kan die waarde van ∆H opgesoek word en die waarde eerder gebruik word. 429

Die eenhede vir ∆H is kJ·mol −1 . Met ander woorde, die ∆H-waarde dui die hoeveelheid energie aan wat geabsorbeer of vrygestel word per mol produk wat gevorm word. Die eenhede kan ook as kJ geskryf word, wat dan die totale hoeveelheid energie voorstel wat geabsorbeer of vrygestel word wanneer die produk gevorm word. Grafieke van die verandering in energie tydens eksotermiese en endotermiese reaksies kan geteken word: Potensiële energie reagense ∆H 0 produkte Figuur 12.3: Die energieverandering wat tydens ’n endotermiese reaksie plaasvind Ons sal binnekort verduidelik waarom ons hierdie grafieke met ’n kurwe teken in plaas daarvan om die energieë van die reagense en produkte met ’n reguit lyn te verbind. Ondersoek: Endotermiese en eksotermiese reaksies Doel: Om eksotermiese en endotermiese reaksies te ondersoek. 430 12.2. Eksotermiese en endotermiese reaksies

Die eenhede vir ∆H is kJ·mol −1 . Met ander woorde, die ∆H-waarde dui die hoeveelheid

energie aan wat geabsorbeer of vrygestel word per mol produk wat gevorm

word. Die eenhede kan ook as kJ geskryf word, wat dan die totale hoeveelheid energie

voorstel wat geabsorbeer of vrygestel word wanneer die produk gevorm word.

Grafieke van die verandering in energie tydens eksotermiese en endotermiese reaksies

kan geteken word:

Potensiële energie

reagense

∆H 0

produkte

Figuur 12.3: Die energieverandering wat tydens ’n endotermiese reaksie plaasvind

Ons sal binnekort verduidelik waarom ons hierdie grafieke met ’n kurwe teken in plaas

daarvan om die energieë van die reagense en produkte met ’n reguit lyn te verbind.

Ondersoek: Endotermiese en eksotermiese reaksies

Doel:

Om eksotermiese en endotermiese reaksies te ondersoek.

430 12.2. Eksotermiese en endotermiese reaksies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!