03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12.2 Eksotermiese en endotermiese reaksies ESE6P

Die reaksiewarmte ESE6Q

Die reaksiewarmte word deur die simbool ∆H verteenwoordig, waar:

∆H = Eprodukte − Ereagense

• In ’n eksotermiese reaksie, is ∆H negatief, kleiner as nul, omdat die energie van

die reagense hoër is as die energie van die produkte. Energie word tydens die

reaksie vrygestel. Byvoorbeeld,

H2(g) + Cl2(g) → 2HCl (g) ∆H < 0

• In ’n endotermiese reaksie, is ∆H positief, groter as nul, omdat die energie van

die reagense laer is as die energie van die produkte. Energie word tydens die

reaksie geabsorbeer. Byvoorbeeld,

C (s) + H2O (l) → CO (g) + H2(g) ∆H > 0

Van die inligting rakende eksotermiese en endotermiese reaksies word in Tabel 12.1

opgesom.

Tipe reaksie Eksotermies Endotermies

Energie

vrygestel

geabsorbeer of Vrygestel Geabsorbeer

Relatiewe energie van re- Energie van reagense is Energie van reagense is

agense en produkte hoër as energie van pro- laer as as die energie van

duk

die produk

Teken van ∆H Negatief (d.i. < 0) Positief (d.i. > 0)

Tabel 12.1: ’n Vergelyking tussen eksotermiese en endotermiese reaksies

Skryf van vergelykings met gebruik van ∆H

Die reaksiewarmte kan op een van twee maniere vir ’n reaksie geskryf word. Vir ’n

eksotermiese reaksie, C(s) + O2(g) → CO2(g), sou ons kon skryf:

C(s) + O2(g) → CO2(g) ∆H = −393 kJ·mol −1

of

C(s) + O2(g) → CO2(g) + 393 kJ·mol −1

Vir ’n endotermiese reaksie, C(s) + H2O(g) → H2(g) + CO(g), sou ons kon skryf:

C(s) + H2O(g) → H2(g) + CO(g) ∆H = +131 kJ·mol −1

of

C(s) + H2O(g) + +131 kJ·mol −1 → H2(g) + CO(g)

Hoofstuk 12. Energie en chemiese verandering

WENK

∆H is vir baie en

verskillende reaksies

bereken en eerder as om

te sê dat ∆H positief of

negatief is, kan die

waarde van ∆H opgesoek

word en die waarde

eerder gebruik word.

429

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!