03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Voorbeelde van endotermiese en eksotermiese reaksies ESE6N

Daar is baie voorbeelde van eksotermiese en endotermiese reaksies wat heeltyd rondom

ons plaasvind. Die volgende is slegs ’n paar voorbeelde.

1. Endotermiese reaksies

• Fotosintese

Fotosintese is die chemiese reaksie wat in groen plante plaasvind. Dit gebruik

energie van die son om koolstofdioksied en water na voedsel om te

skakel wat die plant vir oorlewing nodig het. Ander organismes (soos die

mens en ander diere), eet weer die plant sodat hulle ook kan oorlewe. Die

vergelyking vir hierdie reaksie is:

6CO2(g) + 6H2O (l) + energie → C6H12O6(s) + 6O2(g)

Fotosintese is ’n endotermiese reaksie. Energie word in die vorm van sonlig

tydens hierdie reaksie geabsorbeer.

• Die termiese ontbinding van kalksteen

Die ontbinding van kalksteen (kalsiumkarbonaat) na ongebluste kalk (kalsiumoksied)

en koolsuurgas is baie belangrik vir die industrie. Ongebluste

kalk kan gebruik word om staal van yster te vervaardig en grond te neutraliseer

wat te suur is. Om ontbinding te bewerkstellig moet kalksteen in ’n

brandoond by temperature hoër as 900 ◦C verhit word voordat ontbinding

sal plaasvind. Die vergelyking vir die reaksie word hieronder vertoon:

2. Eksotermiese reaksies

CaCO3(s) → CaO (s) + CO2(g)

• Verbrandingsreaksies

Die verbranding van brandstof is ’n voorbeeld van ’n verbrandingsreaksie.

Ons as mense is baie afhanklik van hierdie proses vir ons behoefte aan

energie. Die volgende vergelykings beskryf die verbranding van ’n koolwaterstof

soos petrol (C8H18):

brandstof + suurstof → hitte + water + koostofdioksied

2C8H18(l) + 25O2(g) → 16CO2(g) + 18H2O (g) + heat

Dit is hoekom ons brandstowwe (parafien, steenkool, propaan en butaan)

vir energie verbrand. Die chemiese verandering wat tydens die reaksie

plaasvind stel groot hoeveelhede energie vry wat ons vir dinge soos hitte

en elektrisiteit gebruik. Jy moet daarop let dat koolstofdioksied tydens hierdie

reaksie vrygestel word. Die chemiese reaksie wat plaasvind wanneer

branstowwe verbrand hou beide negatiewe en positiewe gevolge in. Alhoewel

ons baat vind by hitte, lig en energie, het die koolstofdioksied wat

vrygestel word ’n negatiewe impak op die omgewing.

• Respirasie

Respirasie is die chemiese reaksie wat in ons liggame plaasvind om energie

in ons selle te produseer. Die vergelyking hieronder beskryf wat tydens

hierdie reaksie plaasvind:

C6H12O6(s) + 6O2(g) → 6CO2(g) + 6H2O(l) + energie

Hoofstuk 12. Energie en chemiese verandering

WENK

Let daarop dat ons slegs

chemiese veranderinge

bespreek (dink terug na

graad 10 werk omtrent

fisiese en chemiese

veranderinge).

427

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!