03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

grootte van die vektor 2,7 N.

Die rigting van die resulterende vektor moet ons met ’n gradeboog op die diagram

meet. Die hoek tussen die vektor en die x-as is 31 grade.

Stap 8: Gee die finale antwoord

R is 2,7 N teen −31 ◦ vanaf die positiewe x-rigting.

Uitgewerkte voorbeeld 8: Om die resulterende vektor in twee dimensies grafies te

meet

VRAAG

’n Aantal sleepbote probeer om ’n duikboot in ’n hawe te stuur, maar hulle werk nie

as ’n span nie. Elke sleepboot oefen ’n verskillende krag op die duikboot uit.

Die volgende vektore word gegee. Bepaal die resulterende krag:

• F1 = 3,4 kN in die positiewe x-rigting

• F2 = 4000 N in die positiewe y-rigting

• F3 = 300 N in die negatiewe y-rigting

• F4 = 7 kN in die negatiewe y-rigting

OPLOSSING

Stap 1: Skakel om na ’n enkele S.I. eenheid

Ten einde die grafiese metode te kan gebruik om die resulterende vektor te bepaal,

moet ons met slegs een eenheid werk. Streng gesproke is al die vektore in hierdie

probleem in Newton, maar hulle het verskillende faktore wat die keuse van skaal

beïnvloed. Hierdie moet in ag geneem word en die eenvoudigste benadering is om

hulle almal na ’n enkele eenheid en faktor om te skakel. Ons kan kN of N gebruik,

30 1.2. Resultante van loodregte vektore

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!