everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Faraday se wet stel dat daar ’n verband is tussen emk en die tempo van die verandering van vloed, wat die produk van die magneetveld en die deursnee area waardeur die veldlyne beweeg is. BELANGRIK! Dit is nie die oppervlak van die draad self nie, maar die oppervlak wat die draad omring. Dit beteken dat as jy die draad in ’n sirkel buig, die oppervlak wat ons in ’n vloed-berekening gebruik die buite-oppervlak van die sirkel is, nie van die draad nie. In hierdie illustrasies, waar die magneet op dieselfde vlak as die stroombaanlus is, sal daar nie ’n stroom wees nie, selfs as die magneet nader en verder weg beweeg word. Dit is omdat die magneetveldlyne nie deur die oppervlak wat omsluit word beweeg nie, maar parallel daarmee. Die magneetveldlyne moet deur die area beweeg wat deur die stroombaanlus omsluit word om emk te induseer. A Rigting van geïnduseerde stroom ESE62 Die belangrikste ding om te onthou is dat die geïnduseerde stroom watter verandering ookal plaasvind, teêwerk. In die eerste illustrasie (links) beweeg die suidpool van ’n magneet nader na die stroombaan. Die grootte van die magneetveld word groter. Die geïnduseerde emk sal reageer deur die veld in die rigting van die pool wat sterker word te probeer teêstaan. Die veld is ’n vektor, daarom vloei die stroom in ’n rigting wat sal veroorsaak dat die veld wat ontstaan as gevolg van die stroom neig om die magneetvelde teen te werk. Die resultante veld word dus dieselfde gehou. Om die verandering van die suidpool wat van bo af nader kom teen te staan, moet die stroom veldlyne genereer (opwek) wat wegbeweeg van die pool wat nader beweeg. Die geïnduseerde magneetveld moet daarom veldlyne hê wat aan die binnekant van die lus afloop. Dit word veroorsaak deur die stroomrigting wat deur pyltjies aan die bokant van die stroombaanlus aangedui word. Toets dit deur die regterhandreël te gebruik. Hou jou regterduim in die rigting van een van die pyle en let op watter velde afwaarts draai in die area wat met die lus omring is in. Hoofstuk 10. Elektromagnetisme 363

A In die tweede diagram beweeg die suidpool weg. Dit beteken dat die magneetveld swakker raak. Die geïnduseerde lading sal reageer deur ’n magneetveld op te stel wat by die bestaande een van die magneet getel word om ’n verlaging in sterkte teen te werk. Nog ’n manier om dieselfde kenmerke te verstaan is deur net die pole te gebruik. Om ’n suidpool wat nader beweeg te opponeer (teë te werk) word ’n stroom geïnduseer aan die kant waar die suidpool nader beweeg, wat net soos ’n suidpool lyk. Gelyksoortige pole stoot mekaar af. Jy kan so daaraan dink: die stroom stel nog ’n suidpool op om die suidpool wat naderkom weg te stoot. In die tweede illustrasie is die stroom so opgestel dat die noordpool ’n suidpool aantrek om te keer dat dit weg beweeg. Ons kan ook ’n variasie van die regterhandreel gebruik waar jy jou vingers in die rigting van die geïnduseerde stroom wys sodat jou duim in die rigting van die veldlyne (of noordpool) wys. Ons kan al hierdie gevalle van ’n noordpool wat nader aan of verder weg van die stroombaan beweeg toets. In die eerste geval waar die noordpool nader kom, sal die stroom verandering teë gewerk word deur ’n veld in die teenoorgestelde rigting van die magneetveld wat sterker raak, op te stel. Gebruik die regterhandreël om te bevestig dat die pyle ’n veld met veldlyne wat opwaarts krul in die omringde area opstel wat die veldlyne wat afwaarts van die noordpool van die magneet krul, uitkanselleer. Gelyksoortige pole stoot mekaar af, alternatiewelik kan jy toets dat die vingers van jou regterhand in die rigting van die stroom wys en jou duim daarom opwaarts wys en ’n noordpool aandui. 364 10.3. Faraday se wet vir elektromagnetiese induksie A

Faraday se wet stel dat daar ’n verband is tussen emk en die tempo van die verandering

van vloed, wat die produk van die magneetveld en die deursnee area waardeur die

veldlyne beweeg is.

BELANGRIK!

Dit is nie die oppervlak van die draad self nie, maar die oppervlak wat die draad

omring. Dit beteken dat as jy die draad in ’n sirkel buig, die oppervlak wat ons in ’n

vloed-berekening gebruik die buite-oppervlak van die sirkel is, nie van die draad nie.

In hierdie illustrasies, waar die magneet op dieselfde vlak as die stroombaanlus is, sal

daar nie ’n stroom wees nie, selfs as die magneet nader en verder weg beweeg word.

Dit is omdat die magneetveldlyne nie deur die oppervlak wat omsluit word beweeg

nie, maar parallel daarmee. Die magneetveldlyne moet deur die area beweeg wat deur

die stroombaanlus omsluit word om emk te induseer.

A

Rigting van geïnduseerde stroom ESE62

Die belangrikste ding om te onthou is dat die geïnduseerde stroom watter verandering

ookal plaasvind, teêwerk.

In die eerste illustrasie (links) beweeg die suidpool van ’n magneet nader na die stroombaan.

Die grootte van die magneetveld word groter. Die geïnduseerde emk sal reageer

deur die veld in die rigting van die pool wat sterker word te probeer teêstaan. Die

veld is ’n vektor, daarom vloei die stroom in ’n rigting wat sal veroorsaak dat die veld

wat ontstaan as gevolg van die stroom neig om die magneetvelde teen te werk. Die

resultante veld word dus dieselfde gehou.

Om die verandering van die suidpool wat van bo af nader kom teen te staan, moet die

stroom veldlyne genereer (opwek) wat wegbeweeg van die pool wat nader beweeg.

Die geïnduseerde magneetveld moet daarom veldlyne hê wat aan die binnekant van

die lus afloop. Dit word veroorsaak deur die stroomrigting wat deur pyltjies aan die

bokant van die stroombaanlus aangedui word. Toets dit deur die regterhandreël te

gebruik. Hou jou regterduim in die rigting van een van die pyle en let op watter velde

afwaarts draai in die area wat met die lus omring is in.

Hoofstuk 10. Elektromagnetisme

363

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!