03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Voorbeeld van ’n algemene gebruik van ’n elektromagneet is in sekuriteitsdeure, b.v.

winkeldeure wat outomaties oopmaak.

As ’n elektries-beheerbare magneet vorm elektromagnete deel van ’n groot verskeidenheid

“elektromeganiese” toestelle: masjiene wat ’n meganiese krag uitoefen of beweging

bewerkstellig deur elektriese krag. Die mees opvallende voorbeeld is moontlik

die elektriese motor, wat verder bespreek sal word in Graad 12. Ander voorbeelde

van gebruike van elektromagnete is elektriese klokkies, relês (relays), luidsprekers en

hyskrane in afvalwerwe.

Sien video: 279K op www.everythingscience.co.za

Algemene eksperiment: Elektromagnete

Doel:

’n Magneetveld word opgewek as ’n elektriese stroom deur ’n draad vloei. ’n Enkele

draad wek nie ’n sterk magneetveld op nie, maar ’n draad wat om ’n ysterkern gedraai

word doen dit wel. Ons doel is om hierdie effek te ondersoek.

Apparaat:

• ’n battery en houer

• ’n lengte draad

• ’n kompas

• ’n paar spykers

Metode:

1. As jy nog nie die vorige eksperiment in hierdie hoofstuk gedoen het nie, doen

dit nou.

2. Draai die draad om ’n reeks windings te vorm en koppel dit dan aan die battery.

Let op na die afwyking van die kompasnaald. Het die afwyking van die

kompasnaald vergroot?

3. Herhaal die eksperiment met ’n verskillende aantal windings en windingsgrootte.

Let op na wat met die afwyking van die kompasnaald gebeur.

Hoofstuk 10. Elektromagnetisme

357

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!