everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Aktiwiteit: Magneetveld om ’n lus- of sirkelvormige geleier Verbeel jou jy het twee draadlusse wat albei ’n stroom dra (in teenoorgestelde rigtings) en parallel aan die bladsy van jou boek loop. Deur die regterhandreël te gebruik, teken hoe jy dink die magnetiese veld sal lyk by verskeie punte om die twee lusse. Lus 1 het ’n stroom wat in ’n anti-kloksgewyse rigting vloei en lus 2 het ’n stroom wat in ’n kloksgewyse rigting vloei. rigting van strrom lus 1 rigting van stroom rigting van stroom lus 2 rigting van stroom As jy ’n lus maak van ’n stroomdraende geleier word die rigting van die magneetveld verkry deur die regterhandreël by verskillende punte van die lus toe te pas. ⊗ ⊙ ⊗ ⊙ ⊙ ⊗ ⊗ ⊙ ⊙ ⊗ ⊙ ⊗ ⊙ ⊗ ⊙ ⊗ ⊙ ⊗ ⊙⊗ ⊙ ⊗ 6 5 4 3 2 1 0 -1 -2 -3 -4 -5 -6 -7 -6 -5 -4 -3 -2 -1 0 1 2 3 4 5 6 Die rigting van die magneetveld om ’n stroomdraende lus waar die stroom antikloksgewys vloei soos getoon. Let op dat daar ’n variasie op die regterhandreël is. As jy die vingers van jou regterhand die vloeirigting van die stroom in die lus laat volg, dan wys jou duim in die rigting waarin die veldlyne uitkom. Dit is soortgelyk aan die noordpool van ’n staafmagneet (waar die veldlyne uitkom) en wys jou watter kant van die lus die noordpool van ’n staafmagneet sal aantrek. Hoofstuk 10. Elektromagnetisme 355

Magnetiese veld om ’n solenoïed ESE5W As ons nou nog ’n lus waardeur die stroom in dieselfde rigting vloei byvoeg, dan word die magneetveld van elke lus gekombineer om ’n sterker magneetveld te maak. ’n Klos van sulke lusse word ’n solenoïed genoem. ’n Solenoïed is ’n silindriese draadklos wat soos ’n magneet optree wanneer ’n elektriese stroom deur die draad vloei. Die magneetveldpatroon om ’n solenoïed is soortgelyk aan die magneetveldpatroon om ’n staafmagneet, soos dié waarvan jy in Graad 10 geleer het - dit het ’n definitiewe noord- en suidpool soos in Figuur 10.3 aangedui. stroom vloei 8 7 6 5 4 3 2 1 0 -1 -2 -3 -4 -5 -6 -7 -8 -7 -6 -5 -4 -3 -2 -1 0 1 2 3 4 5 6 Figuur 10.3: Magneetveld om ’n solenoïed. Regte wêreld toepassings ESE5X Elektromagnete ’n Elektromagneet is ’n stuk draad wat gemaak is om ’n magneetveld mee op te wek deur ’n stroom daardeur te stuur. Alhoewel alle stroomdraende geleiers magneetvelde opwek, word ’n elektromagneet gewoonlik op ’n spesifieke manier en vir ’n spesifieke doel gemaak om die sterkste moontlike magneetveld op te wek. Elektromagnete word alledaags in navorsing, industrie, medisyne en verbruikersprodukte gebruik. ’n 356 10.2. Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word

Magnetiese veld om ’n solenoïed ESE5W

As ons nou nog ’n lus waardeur die stroom in dieselfde rigting vloei byvoeg, dan word

die magneetveld van elke lus gekombineer om ’n sterker magneetveld te maak. ’n Klos

van sulke lusse word ’n solenoïed genoem. ’n Solenoïed is ’n silindriese draadklos

wat soos ’n magneet optree wanneer ’n elektriese stroom deur die draad vloei. Die

magneetveldpatroon om ’n solenoïed is soortgelyk aan die magneetveldpatroon om

’n staafmagneet, soos dié waarvan jy in Graad 10 geleer het - dit het ’n definitiewe

noord- en suidpool soos in Figuur 10.3 aangedui.

stroom vloei

8

7

6

5

4

3

2

1

0

-1

-2

-3

-4

-5

-6

-7

-8

-7 -6 -5 -4 -3 -2 -1 0 1 2 3 4 5 6

Figuur 10.3: Magneetveld om ’n solenoïed.

Regte wêreld toepassings ESE5X

Elektromagnete

’n Elektromagneet is ’n stuk draad wat gemaak is om ’n magneetveld mee op te wek

deur ’n stroom daardeur te stuur. Alhoewel alle stroomdraende geleiers magneetvelde

opwek, word ’n elektromagneet gewoonlik op ’n spesifieke manier en vir ’n spesifieke

doel gemaak om die sterkste moontlike magneetveld op te wek. Elektromagnete

word alledaags in navorsing, industrie, medisyne en verbruikersprodukte gebruik. ’n

356 10.2. Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!