03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

1. een 9 V battery met houer

2. twee verbindingsdrade met krokodilklampe

3. kompas

4. stophorlosie

Metode:

1. Verbind die drade aan die battery, maar los een end van elke draad onverbind

sodat die stroombaan nie geslote is nie.

2. Maak seker dat jy die stroom tot 10 sekondes op ’n slag beperk (jy mag wonder

hoekom - dit is omdat die draad baie min weerstand bied op sy eie, so die

battery sal baie vinnig pap word). Ons doen dit om die batterylewe te spaar en

om oorverhitting van die drade en batterykontakte te vermy.

3. Plaas die kompas naby aan die draad.

4. Sluit die stroombaan en let op wat met die kompas gebeur.

5. Keer die polariteit van die battery om en sluit die stroombaan. Let op wat met

die kompas gebeur.

Gevolgtrekkings:

Gebruik jou waarnemings om die volgende vrae te beantwoord:

1. Wek ’n stroom wat deur ’n draad vloei ’n magnetiese veld op?

2. Is die magnetiese veld teenwoordig wanneer daar geen stroom deur die drade

vloei nie?

3. Hang die rigting van die magneetveld wat deur ’n stroom opgewek word af van

die rigting waarin die stroom vloei?

4. Hoe affekteer die rigting waarin die stroom vloei die magneetveld?

Magnetiese veld om ’n stroomdraende lus ESE5V

Tot dusver het ons slegs gekyk na reguit drade wat ’n stroom dra en die magneetvelde

daarom. Ons gaan kyk na die magneetveld wat opgewek word deur ’n sirkelvormige

draadlus wat ’n stroom dra omdat die veld baie nuttige eienskappe het - jy sal, byvoorbeeld

sien dat ons daarmee ’n uniforme magneetveld kan opwek.

354 10.2. Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!