03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Belangrik: al ons besprekings rakende veldrigtings werk met die aanname dat ons met

konvensionele stroom werk.

Om jou te help om die situasie te visualiseer,

laat ’n pen of potlood regop

op ’n lessenaar staan. Die sirkels het

as middelpunt die pen of potlood en

sal in ’n vlak parallel aan die oppervlak

van die lessenaar geteken word.

Die punt van die pen of potlood sal die

vloeirigting van die stroom aandui.

Jy kan die pen of potlood van bo af bekyk

en dit sal soos ’n punt in die middel

van die sirkels wees. Die rigting

van die magnetiese veldlyne is antikloksgewys

in hierdie situasie.

Om dit makliker te maak om te sien

wat gebeur gaan ons een stel sirkelvormige

veldlyne teken, maar let daarop

dat dit slegs ter illustrasie is.

Wanneer ons die rigtings van magneetvelde

en strome teken gebruik ons die

simbole ⊙ en ⊗. Die simbool ⊙ verteenwoordig

’n pyl wat uit die papier

uitkom en die simbool ⊗ verteenwoordig

’n pyl wat in die papier ingaan.

Dit is maklik om die betekenisse van

die simbole te onthou as jy dink aan

’n pyl met ’n skerp punt by die kop

en vere by stert wat in die vorm van

’n kruis is.

As jy ’n stuk papier agter die potlood

sit en van die kant af daarna kyk, dan

sal jy die sirkelvormige veldlyne van

die kant af sien en is dit dus moeilik

om te weet dat hulle sirkelvormig is.

Hulle gaan deur die papier. Onthou

dat veldlyne ’n rigting het, so as jy na

die stuk papier van die kant af kyk, beteken

dat dit dat die sirkels by die papier

aan die een kant ingaan en van die

papier uitkom aan die ander kant.

Ons sal nou na drie voorbeelde van stroomdraende drade kyk. Vir elke voorbeeld sal

ons die magneetveld bepaal en die magnetiese veldlyne om die geleier teken.

Hoofstuk 10. Elektromagnetisme

FEIT

Die Deense fisikus, Hans

Christian Oersted, het

eendag in die jaar 1820

’n lesing gegee oor hoe

elektrisiteit en

magnetisme moontlik

verwant is aan mekaar en

in die proses hierdie feit

ongetwyfeld

gedemonstreer met ’n

eksperiment wat hy voor

sy hele klas uitgevoer het.

Oersted het ’n

metaaldraad oor ’n

kompas gehang en ’n

stroom daardeur gestuur

en kon so ’n definitiewe

beweging van die

kompasnaald as gevolg

van die stroom voorbring.

Wat as ’n raaiskoot begin

het aan die begin van die

klas, was as ’n feit

bevestig teen die einde

daarvan. Oersted moes

natuurlik sy klasnotas

hersien vir toekomstige

klasse. Sy ontdekking het

die weg van ’n nuwe veld

van die wetenskap

gebaan -

elektromagnetisme.

351

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!