03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

10 Elektromagnetisme

10.1 Inleiding ESE5R

Elektromagnetisme beskryf die wisselwerking tussen ladings, strome en die elektriese

en magnetiese velde wat hulle veroorsaak. ’n Elektriese stroom skep ’n magneetveld

en ’n veranderende magneetveld sal die vloei van lading veroorsaak. Hierdie verwantskap

tussen elektrisiteit en magnetisme is al omvattend bestudeer. Dit het gelei tot

die uitvinding van vele toestelle wat baie nuttig is vir mense, byvoorbeeld selfone,

mikrogolfoonde, radios, televisies en vele meer.

10.2 Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word

ESE5S

As jy ’n kompas hou naby ’n draad waardeur ’n stroom vloei, sal die naald van die

kompas afwyk.

Omdat kompasse met ’n magneetveldlyn langs wys moet daar ’n magneetveld naby

die stroomdraende draad wees.

Die magneetveld wat deur ’n elektriese stroom opgewek word is altyd loodreg aan die

vloeirigting van die stroom georiënteer. Hieronder is ’n skets van hoe die magneetveld

om ’n draad lyk wanneer ’n stroom deur die draad vloei. Ons gebruik B om ’n

magneetveld aan te dui en pyle op veldlyne om die rigting van die magneetveld aan

te dui. Let op dat indien daar geen stroom deur die draad vloei nie, sal daar geen

magneetveld wees nie.

Die vloeirigting van die stroom in die geleier (draad) word deur die sentrale pyl aangedui.

Die sirkels is veldlyne en hulle het ook rigtings wat aangedui word deur die pyle

op die lyne. Soortgelyk aan die situasie met elektriese veldlyne, hoe meer lyne daar is

in ’n gegewe area (of hoe nader hulle aanmekaar is), hoe sterker is die magneetveld.

350 10.1. Inleiding

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!