everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Elektromagnetisme HOOFSTUK 10 10.1 Inleiding 350 10.2 Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word 350 10.3 Faraday se wet vir elektromagnetiese induksie 361 10.4 Opsomming 373

10 Elektromagnetisme 10.1 Inleiding ESE5R Elektromagnetisme beskryf die wisselwerking tussen ladings, strome en die elektriese en magnetiese velde wat hulle veroorsaak. ’n Elektriese stroom skep ’n magneetveld en ’n veranderende magneetveld sal die vloei van lading veroorsaak. Hierdie verwantskap tussen elektrisiteit en magnetisme is al omvattend bestudeer. Dit het gelei tot die uitvinding van vele toestelle wat baie nuttig is vir mense, byvoorbeeld selfone, mikrogolfoonde, radios, televisies en vele meer. 10.2 Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word ESE5S As jy ’n kompas hou naby ’n draad waardeur ’n stroom vloei, sal die naald van die kompas afwyk. Omdat kompasse met ’n magneetveldlyn langs wys moet daar ’n magneetveld naby die stroomdraende draad wees. Die magneetveld wat deur ’n elektriese stroom opgewek word is altyd loodreg aan die vloeirigting van die stroom georiënteer. Hieronder is ’n skets van hoe die magneetveld om ’n draad lyk wanneer ’n stroom deur die draad vloei. Ons gebruik B om ’n magneetveld aan te dui en pyle op veldlyne om die rigting van die magneetveld aan te dui. Let op dat indien daar geen stroom deur die draad vloei nie, sal daar geen magneetveld wees nie. Die vloeirigting van die stroom in die geleier (draad) word deur die sentrale pyl aangedui. Die sirkels is veldlyne en hulle het ook rigtings wat aangedui word deur die pyle op die lyne. Soortgelyk aan die situasie met elektriese veldlyne, hoe meer lyne daar is in ’n gegewe area (of hoe nader hulle aanmekaar is), hoe sterker is die magneetveld. 350 10.1. Inleiding

Elektromagnetisme

HOOFSTUK 10

10.1 Inleiding 350

10.2 Magneetveld wat met ’n stroom geassosieer word 350

10.3 Faraday se wet vir elektromagnetiese induksie 361

10.4 Opsomming 373

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!