03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die kragvektore in Figuur 1.2 het die volgende groottes: 1 N, 1 N, 2 N vir die bloues

en 2 N, 2 N en 1,5 N vir die rooies. Bepaal die grootte van die resultant.

OPLOSSING

Stap 1: Bepaal die resultant van die vektore parallel aan die y-as.

Die resultant van die vektore parallel aan die y-as word gekry deur die groottes (lengtes)

van die drie vektore bymekaar te tel, omdat hulle almal in dieselfde rigting wys.

Die antwoord is Ry=1 N+1 N+2 N=4 N in die positiewe y-rigting.

Stap 2: Bepaal die resultant van die vektore parallel aan die x-as.

Die resultant van die vektore parallel aan die x-as word gekry deur die groottes (lengtes)

van die drie vektore bymekaar te tel, omdat hulle almal in dieselfde rigting wys.

Die antwoord is Rx=2 N+2 N+1,5 N=5,5 N in die positiewe x-rigting.

Stap 3: Bepaal die grootte van die resultant

Gestel ons het ’n reghoekige driehoek. Die lengte van twee van die kante is ook

bekend. Deur Pythagoras se stelling te gebruik, kan ons die lengte van die derde kant

kry. Uit wat ons weet van die resultante vektore sal hierdie lengte die grootte van die

resultant-vektor wees.

Die resultant is:

Stap 4: Gee die finale antwoord

Grootte van die resultant: 6,8 N

R 2 x + R 2 y = R 2 (Pythagoras se stelling)

(5,5) 2 + (4) 2 = R 2

R = 6,8

Let op: Ons het nie die resultante vektor in die uitgewerkte voorbeeld bepaal nie,

omdat ons slegs die grootte bepaal het. ’n Vektor benodig grootte en rigting. Ons het

nog nie die rigting van die resultante vektor bepaal nie.

Grafiese metodes ESE9

Grafiese tegnieke

In graad 10 het jy geleer hoe om vektore in een dimensie grafies bymekaar te tel.

Ons kan hierdie tegnieke uitbrei deur vektore in twee dimensies in te sluit. Die volgende

uitgewerkte voorbeeld wys dit.

22 1.2. Resultante van loodregte vektore

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!