03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Elektriese velde rondom verskillende ladingskonfigurasies ESE5N

Ons het gesien hoe die elektriese velde rondom geïsoleerde positiewe en negatiewe

ladings lyk. Nou gaan ons kyk hoe die elektriese velde rondom kombinasies van

ladings wat na aan mekaar geplaas is lyk.

Elektriese veld rondom twee verskillende ladings

Ons sal begin deur te kyk na die elektriese veld rondom ’n positiewe en ’n negatiewe

lading wat langs mekaar geplaas is. Deur van die reëls oor die teken van elektriese

velde gebruik te maak, gaan ons stap-vir-stap die elektriese veld skets. Die netto resultaat

is die som van die velde van elkeen van die ladings. Om mee te begin, kom ons

skets die elektriese velde van elkeen van die ladings afsonderlik.

+Q -Q

’n Positiewe toetslading (rooi kolle) geplaas op verskillende posisies direk tussen die

twee ladings sal weggestoot word (oranje kragpyle) van die positiewe lading en in ’n

reguitlyn aangetrek word deur die negatiewe lading (blou kragpyle). Die oranje en

blou kragpyle is effens af van die kolle geteken vir helderheid. In werklikheid val

hulle bo-op mekaar. Let op hoe verder van die positiewe lading af, hoe kleiner die

afstotingskrag F+ (korter oranje pyle) en hoe nader die negatiewe lading die groter die

aantrekkingskrag, F− (langer blou pyle). Die resultant krag word deur rooi pyle getoon.

Die elektriese veldlyn is die swaart lyn wat tangensiaal is aan die resultante krag; dit is

’n reguitlyn tussen die lading en wys die positiewe na die negatiewe ladings.

F+

+Q -Q

F−

Kom ons beskou nou ’n positiewe toetslading wat effens hoër geplaas is as die lyn wat

die twee ladings verbind. Die toetslading sal ’n afstotingskrag (F+ in oranje) ervaar

vanaf die positiewe lading en ’n aantrekkingskrag (F− in blou) as gevolg van die negatiewe

lading. Soos vantevore sal die groottes van die kragte volgens Coulomb se wet

afhang van die afstand van die toetslading vanaf elkeen van die ladings. Beginnende

by ’n posisie nader aan die positiewe lading sal die toetslading ’n groter afstotingskrag

ervaar as gevolg van die positiewe lading en ’n swakker aantrekkingskrag vanaf die negatiewe

lading. By ’n posisie halfpad tussen die positiewe en negatiewe ladings is die

groottes van die afstotings- en aantrekkingskrage dieselfde. As die toetslading nader

aan die negatiewe lading geplaas word sal die aantrekkingskrag wat dit ervaar sterker

wees, en die afstotingskrag wat dit ervaar as gevolg van die meer afgeleë positiewe

F+

F−

F+

F−

Hoofstuk 9. Elektrostatika

335

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!