03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

9.3 Elektriese veld ESE5K

Ons het in die vorige afdeling gesien dat puntladings kragte op mekaar uitoefen selfs

wanneer hulle ver van mekaar af is en nie aan mekaar raak nie. Hoe ’weet’ die ladings

van die bestaan van ander ladings rondom hulle?

Die antwoord is dat jy aan elke lading kan dink asof dit in die ruimte deur ’n elektriese

veld omring word. Die elektriese veld is die gebied in die ruimte waarin die elektriese

lading ’n krag sal ondervind. Die rigting van die elektriese veld verteenwoordig die

rigting van die krag wat ’n positiewe toetslading sal ervaar as dit in elektriese veld

geplaas word. Met ander woorde, die rigting van die elektriese veld by ’n punt in die

ruimte is dieselfde as die rigting waarin ’n positiewe toetslading sal beweeg as dit op

daardie punt geplaas word.

DEFINISIE: Elektriese veld

’n Gebied in die ruimte waarin ’n elektriese lading ’n krag sal ondervind. Die rigting

van die krag by ’n punt in die ruimte is die rigting waarin ’n positiewe toetslading sal

beweeg as dit op daardie punt geplaas word.

Die voorstelling van elektriese velde ESE5M

Ons kan die grootte en rigting van ’n elektriese veld by ’n punt voorstel deur elektriese

veldlyne te gebruik. Dit is soortgeyk aan die voorstelling van magnetiese velde rondom

magnete deur die gebruik van magnetiese veldlyne, soos wat jy in Graad 10 geleer het.

In die volgende afdeling sal ons kyk na hoe elektriese veldlyne rondom geïsoleerde

ladings lyk.

Positiewe lading wat op ’n toetslading inwerk

Die groote van die krag wat deur ’n toetslading ervaar word as gevolg van ’n ander

lading is aan Coulomb se wet onderhewig. In die diagram hieronder, by elke punt

rondom die positiewe lading, +Q, bereken ons die krag wat ’n positiewe lading, +q,

sal ervaar en stel hierdie krag (’n vektor) dan met ’n pyl voor. Die kragvektore vir

sommige punte rondom +Q word in die diagram aangedui, saam met die positiewe

toetslading +q (in rooi) geleë by een van die punte.

+q

+Q

332 9.3. Elektriese veld

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!