everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

• Vir enige aantal mol gas by STD kan ons Vg = 22,4ng gebruik om die volume te bepaal. • Die volume verhouding vir twee gasse in ’n reaksie word gegee as: VA = a b VB. waar VA die volume van gas A is, VB gas B is, a die stoïchiometriese koëffisiënt van gas A en b die stoïchiometriese koëffisiënt van gas B is. • Die konsentrasie van ’n oplossing kan bereken word deur die volgende te gebruik: C = n V waar C die konsentrasie (in mol·dm 3 ) is, n die aantal mol opgeloste stof is en V die volume van die oplossing (in dm 3 ). • ’n Standaardoplossing is ’n oplossing waarvan die konsentrasie tot ’n hoë graad van akkuraatheid bekend is. In berekeninge kan die standaardoplossing dus gesien word as ’n oplossing waarin die konsentrasie ’n vasgestelde waarde het. • ’n Titrasie is ’n tegniek wat gebruik word om die konsentrasie van ’n onbekende oplossing te bepaal. Ons kan die onbekende konsentrasie bereken deur: CAVA a = CBVB b • ’n Beperkende reagens is ’n reagens wat heeltemal opgebruik word in ’n chemiese reaksie. • ’n Oormatige reagens is die reagens wat nie volledig opgebruik word in ’n chemiese reaksie nie. • Persentasie opbrengs word bereken deur: %opbrengs = werklike opbrengs × 100 teoretiese opbrengs Waar die werklike opbrengs die hoeveelheid produk is wat geproduseer word wanneer jy die reaksie uitvoer en die teoretiese opbrengs die hoeveelheid produk is wat jy met stoïchiometriese metodes vir die reaksie bereken. • Die empiriese formule is die eenvoudigste formule van ’n verbinding. • Die molekulêre formule is die volledige formule van ’n verbinding. • Persent suiwerheid word bereken deur: %suiwerheid = massa van verbinding massa van monster × 100 Fisiese Hoeveelhede Hoeveelheid Eenheid naam Eenheid simbool Konsentrasie (C) mol per kubieke desimetre mol·dm −3 Massa (m) kilogram kg Mol (n) mol mol Volume (V ) kubieke meter m 3 Hoofstuk 8. Kwantitatiewe aspekte van chemiese verandering 317

Oefening 8 – 9: 1. Skryf slegs die woord/term vir elk van die volgende beskrywings: a) ’n Reaktant wat volledig opgebruik word in ’n chemiese reaksie. b) Die eenvoudigste formule van ’n verbinding. c) Die hoeveelheid produk wat deur stoïchiometriese metodes vir ’n reaksie bereken word. d) ’n Tegniek om die konsentrasie van ’n onbekende oplossing te bepaal. 2. Wat is die volume van 3 mol van N2 gas by STD? a) 67,2 dm 3 b) 22,4 dm 3 c) 33,6 dm 3 d) 63,2 dm 3 3. Gegee die volgende reaksie: 3NO2(g)+H2O (g) → 2HNO3(g) + NO (g) As 2,7 dm 3 van NO2 gebruik word, watter volume van HNO3 word geproduseer? a) 4,1 dm 3 b) 2,7 dm 3 c) 1,8 dm 3 d) 3,4 dm 3 4. As 4,2 g magnesiumsulfaat opgelos word in 350 cm 3 water, wat is die konsentrasie van die oplossing? a) 0,1 mol·dm −3 b) 0,05 mol·dm −3 c) 0,003 mol·dm −3 d) 0,0001 mol·dm −3 5. Goud word soms as die mineraal calaveriet gevind. Calaveriet bevat ’n telluried van goud (AuTe2). Phumza wil weet hoeveel calaveriet daar in ’n klipmonster is. Sy vind dat die klipmonster 3,6 g weeg. Nadat sy ’n paar eksperimente uitgevoer het, vind sy dat die massa van die calaveriet en die smeltkroes 2,4 g is. Die massa van die smeltkroes is 0,3 g. Wat is die persentasie suiwerheid van calaveriet in die monster? a) 63% b) 54% c) 58% d) 67% 6. 300 cm 3 van ’n 0,1 mol·dm −3 swawelsuuroplossing word by 200 cm 3 van ’n 0,5 mol·dm −3 natriumhidroksiedoplossing gevoeg. 318 8.4. Opsomming

Oefening 8 – 9:

1. Skryf slegs die woord/term vir elk van die volgende beskrywings:

a) ’n Reaktant wat volledig opgebruik word in ’n chemiese reaksie.

b) Die eenvoudigste formule van ’n verbinding.

c) Die hoeveelheid produk wat deur stoïchiometriese metodes vir ’n reaksie

bereken word.

d) ’n Tegniek om die konsentrasie van ’n onbekende oplossing te bepaal.

2. Wat is die volume van 3 mol van N2 gas by STD?

a) 67,2 dm 3

b) 22,4 dm 3

c) 33,6 dm 3

d) 63,2 dm 3

3. Gegee die volgende reaksie:

3NO2(g)+H2O (g) → 2HNO3(g) + NO (g)

As 2,7 dm 3 van NO2 gebruik word, watter volume van HNO3 word geproduseer?

a) 4,1 dm 3

b) 2,7 dm 3

c) 1,8 dm 3

d) 3,4 dm 3

4. As 4,2 g magnesiumsulfaat opgelos word in 350 cm 3 water, wat is die konsentrasie

van die oplossing?

a) 0,1 mol·dm −3

b) 0,05 mol·dm −3

c) 0,003 mol·dm −3

d) 0,0001 mol·dm −3

5. Goud word soms as die mineraal calaveriet gevind. Calaveriet bevat ’n telluried

van goud (AuTe2). Phumza wil weet hoeveel calaveriet daar in ’n klipmonster is.

Sy vind dat die klipmonster 3,6 g weeg. Nadat sy ’n paar eksperimente uitgevoer

het, vind sy dat die massa van die calaveriet en die smeltkroes 2,4 g is. Die massa

van die smeltkroes is 0,3 g. Wat is die persentasie suiwerheid van calaveriet in

die monster?

a) 63%

b) 54%

c) 58%

d) 67%

6. 300 cm 3 van ’n 0,1 mol·dm −3 swawelsuuroplossing word by 200 cm 3 van ’n

0,5 mol·dm −3 natriumhidroksiedoplossing gevoeg.

318 8.4. Opsomming

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!