03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Aktiwiteit: Wat is ’n beperkende reagens?

Vir hierdie aktiwiteit benodig jy wit, rooi, blou, geel, groen en pienk A4 papier velle.

(Jy kan ook ’n paar wit velle papier gebruik en hulle met kleurkryt of kokipenne inkleur.)

Skeur die wit vel papier in vyf stukke op. Skeur die rooi vel in tien stukke, die blou vel

in agt stukke, die geel vel in ses stukke, die groen vel in nege stukke en die pienk vel

in vier stukke op.

1. Plak twee rooi stukke op elke wit stuk papier. Is daar enige rooi of wit stukke

oor?

2. Plak ’n geel stuk op elke blou stuk. Is daar enige geel of blou stukke oor?

3. Plak drie groen stukke op elke pienk stuk. Is daar enige pienk of groen stukke

oor?

Jy behoort agter te kom dat daar geen rooi of wit stukke oor is nie. Wat die blou en

geel stukke betref, behoort daar een blou stuk oor te wees. Sover dit die groen en

pienk stukke aangaan, behoort daar een pienk stuk oor te bly.

Ons sê dat die pienk en blou stukke in oormaat was terwyl die groen en geel stukke

beperkend was. Met ander woorde, jy sou die groen en geel velle in meer stukke moes

opdeel en die pink velle in minder stukke.

In bostaande aktiwiteit kon ons die problem oplos van te min of te veel stukkies papier

deur net die velle papiere aanvanklik in meer stukke te verdeel. In Chemie kom ons

ook dikwels die probleem teë wanneer verskillende stowwe gemeng word. Ons vind

dikwels dat ons te min of te veel van ’n bepaalde stof bygooi. Dit is belangrik om te

weet dat dit gebeur en om te weet hoeveel (dit is die hoeveelhede) van die verskillende

reagense in ’n reaksie gebruik word. Die kennis word in industriële reaksies gebruik.

DEFINISIE: Beperkende reagens

’n Beperkende reagens is ’n reagens wat heeltemal in ’n chemiese reaksie opgebruik

word.

DEFINISIE: Oormatige reagens

’n Oormatige reagens is ’n reagens wat nie heeltemal tydens ’n chemiese reaksie opgebruik

word nie.

Sien simulasie: 277J op www.everythingscience.co.za

Hoofstuk 8. Kwantitatiewe aspekte van chemiese verandering

303

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!