everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

HOOFSTUK 8 Kwantitatiewe aspekte van chemiese verandering 8.1 Gasse en oplossings 294 8.2 Stoïchiometriese berekeninge 302 8.3 Volume verhoudings in gasagtige reaksies 314 8.4 Opsomming 316

8 Kwantitatiewe aspekte van chemiese verandering Ons kan vandag oral om ons sien hoe belangrik dit is om dinge in akkurate hoeveelhede te meng. Kook of bak, medikasie neem vir siektes of voorraad aankoop, maak almal daarop staat dat die bestanddele in die regte hoeveelhede gemeng is. Die hoeveelheid produk wat gevorm word is ook afhanklik van hoeveel van elke bestanddeel gebruik is. In die hoofstuk gaan ons na van hierdie hoeveelhede kyk en hoe dit bereken kan word. In Graad 10 het ons geleer om chemiese vergelykings op te stel. Ons het ook geleer dat baie inligting uit hierdie gebalanseerde vergelykings verkry kan word. In die hoofstuk gaan ons die konsepte verder ondersoek deur meer te leer van gasse, oplossings en reaksies. Ons sal die konsep van verhoogde uitsette in meer detail bespreek en ook leer van beperkende reagente. Sleutel Wiskunde Konsepte • Verhouding en Eweredigheid — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskapvaardighede • Vergelykings — Wiskunde, Graad 10, Vergelykings en ongelykhede • Eenhede en eenheid omskakeling — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskapvaardighede 8.1 Gasse en oplossings ESE54 Ons sal begin deur na gasse en oplossings te kyk en dan besin hoe om verwante probleme op te los. Molêre volumes van gasse ESE55 Dit is moontlik om die volume van een mol gas by standaard temperatuur en druk (STD) te bereken deur gebruik te maak van wat ons van gasse weet. NOTA: STD is ’n temperatuur van 273 K en ’n druk van 101,3 kPa. Die hoeveelheid gas is gewoonlik 1 mol. Ons skryf al die bekende waardes van een mol gas by STD neer. p = 101,3 kPa = 101 300 Pa n =1mol R = 8,31 J·K −1 ·mol −1 T = 273 K Nou kan ons hierdie waardes in die ideale gas vergelyking in vervang: 294 8.1. Gasse en oplossings

HOOFSTUK 8

Kwantitatiewe aspekte van chemiese

verandering

8.1 Gasse en oplossings 294

8.2 Stoïchiometriese berekeninge 302

8.3 Volume verhoudings in gasagtige reaksies 314

8.4 Opsomming 316

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!