03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Oefening 7 – 5: Die algemene gasvergelyking

1. ’n Geslote gassisteem het ’n aanvanklike volume van 8 L en ’n temperatuur van

100 ◦ C. Die druk van die gas is onbekend. As die temperatuur van die gas

verminder tot 50 ◦ C en die gas ’n volume van 5 L beslaan en die druk van die

gas is 1,2 atm, wat was die aanvanklike druk van die gas?

2. ’n Ballon is gevul met helium by 27 ◦ C en ’n druk van 1,0 atm. As die ballon styg,

vermeerder die volume van die ballon met ’n faktor van 1,6 en die temperatuur

verlaag tot 15 ◦ C. Wat is die finale druk van die gas (aanvaar dat niks ontsnap

het nie)?

3. 25 cm 3 van gas by 1 atm het ’n temperatuur van 25 ◦ C. Wanneer die gas saamgepers

word tot 20 cm 3 , verhoog die temperatuur van die gas tot 28 ◦ C. Bereken

die finale druk van die gas.

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 276C 2. 276D 3. 276F

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

Die ideale gasvergelyking ESE52

In die vroeë 1800’s, het Amedeo Avogadro opgemerk dat monsters van verskillende

gasse met dieselfde volume, by spesifieke temperatuur en druk, dieselfde hoeveelheid

vry bewegende deeltjies bevat (atome of molekules).

DEFINISIE: Avogadro se wet

Gelyke volume gas by dieselfde temperatuur en druk bevat dieselfde hoeveelheid molekules.

Jy sal onthou vanuit die vorige afdeling dat ons verskillende gasvergelykings gekombineer

het om een te kry, wat temperatuur, volume en druk insluit. In hierdie vergelyking

pV

T

= k

is die waarde van k verskillend vir verskillende massas van ’n gas.

Ons vind dat wanneer ons k vir 1 mol van ’n gas bereken kry ons:

pV

T

= 8,314

Hierdie resultaat het ’n spesiale naam. Dit is die universele gaskonstante,R. R word

gemeet in eenhede van J·K −1 ·mol −1 . Dit maak nie saak watter gas ons gebruik nie,

1 mol van daardie gas sal dieselfde konstante hê.

Hoofstuk 7. Ideale gasse

WENK

’n Joule kan gedefinieer

word as Pa·m 3 . So

wanneer jy die ideale

gasvergelyking gebruik,

moet jy die SI-eenhede

gebruik om seker te maak

dat jy die korrekte

antwoord kry.

281

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!