everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

7.2 Ideale gaswette ESE4V Daar is verskeie wette wat die gedrag van ideale gasse verklaar. Die eerste drie waarna ons gaan kyk word onder baie streng voorwaardes toegepas. Hierdie wette word dan saamgstel om die algemene gasvergelyking en die ideale gasvergelyking te vorm. Voor ons na die wette begin kyk moet ons eers na ‘n paar algemene omskakelings vir eenhede kyk. Die volgende tabel gee die SI eenhede. Hierdie tabel toon ook aan hoe om tussen die algemene eenhede om te skakel. Moenie bekommerd wees as sommge van die eenhede onbekend lyk nie. Ons sal teen die einde van die hoofstuk geleentheid gehad het om al die eenhede in aksie te sien. Veranderlike SI Eenhede Ander eenhede 760 mm Hg =1atm Druk (p) Pascal (Pa) = 101 325 Pa = 101,325 kPa Volume (V) m 3 1 m 3 = 1 000 000 cm 3 = 1000 dm 3 = 1000 L Mol (n) mol Universele gaskonstante (R) J·K −1 ·mol −1 Temperatuur (K) Kelvin (K) K = ◦ C + 273 Tabel 7.1: Omskakelingstabel wat die SI meeteenhede en algemene omskakelings aantoon. Twee baie bruikbare volumeverhoudings om te onthou is 1 mL =1cm 3 en 1 L = 1 dm 3 . Boyle se wet: Druk en volume van ‘n ingeslote gas ESE4W As jy al ooit probeer het om die suier van ‘n spuit of fietspomp in te druk terwyl jou vinger die opening toehou, sou jy Boyle se wet in aksie gesien het. Die volgende eksperiment sal jou toelaat om die wet in aksie te sien. DEFINISIE: Boyle se wet Die druk van ‘n vaste hoeveelheid gas is omgekeerd eweredig aan die volume so lank as wat die temperatuur konstant bly. Informele eksperiment: Boyle se wet Doel: Om Boyle se wet te bevestig. Hoofstuk 7. Ideale gasse 259

Apparaat: Boyle se wet apparaat (‘n spuit of fietspomp verbind aan ‘n drukmeter) Metode: 1. Gebruik die pomp om die spuit (of glasbuis) te vul totdat die drukmeter ‘n maksimum waarde toon. Neem waar wat die druk en volume lesings is. 2. Laat stadig van die lug vry totdat die druk met ongeveer 20 eenhede gedaal het. (die eenhede sal afhang van dit wat die drukmeter meet bv. kPa). 3. Laat die stelsel stabiliseer vir ongeveer 2 minute en lees dan die volume af. 4. Herhaal die twee stappe tot jy ses pare druk-volume lesings het. Uitslae: Skryf jou resultate in die volgende tabel. Onthou dat die druk- en volume-eenhede deur die apparaat wat gebruik word bepaal word. Druk Volume Wat gebeur met die volume soos die druk afneem? Stip jou lesings op ‘n grafiek van druk as funksie van volume (in ander woorde stip die druk op die x-as en die volume op die y-as). Druk is die onafhanklike veranderlike wat ons verander om te sien wat met die volume gebeur. Stip jou resultate op ‘n grafiek van druk as funksie van die inverse van volume (in ander woorde 1 V . Bereken die waarde van 1 gedeel deur die volume lesing uit vir elke volume lesing). Wat bemerk jy by by elke grafiek? 260 7.2. Ideale gaswette

Apparaat:

Boyle se wet apparaat (‘n spuit of fietspomp verbind aan ‘n drukmeter)

Metode:

1. Gebruik die pomp om die spuit (of glasbuis) te vul totdat die drukmeter ‘n maksimum

waarde toon. Neem waar wat die druk en volume lesings is.

2. Laat stadig van die lug vry totdat die druk met ongeveer 20 eenhede gedaal het.

(die eenhede sal afhang van dit wat die drukmeter meet bv. kPa).

3. Laat die stelsel stabiliseer vir ongeveer 2 minute en lees dan die volume af.

4. Herhaal die twee stappe tot jy ses pare druk-volume lesings het.

Uitslae:

Skryf jou resultate in die volgende tabel. Onthou dat die druk- en volume-eenhede

deur die apparaat wat gebruik word bepaal word.

Druk Volume

Wat gebeur met die volume soos die druk afneem?

Stip jou lesings op ‘n grafiek van druk as funksie van volume (in ander woorde stip die

druk op die x-as en die volume op die y-as). Druk is die onafhanklike veranderlike wat

ons verander om te sien wat met die volume gebeur.

Stip jou resultate op ‘n grafiek van druk as funksie van die inverse van volume (in

ander woorde 1

V . Bereken die waarde van 1 gedeel deur die volume lesing uit vir elke

volume lesing).

Wat bemerk jy by by elke grafiek?

260 7.2. Ideale gaswette

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!