03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7.2 Ideale gaswette ESE4V

Daar is verskeie wette wat die gedrag van ideale gasse verklaar. Die eerste drie waarna

ons gaan kyk word onder baie streng voorwaardes toegepas. Hierdie wette word dan

saamgstel om die algemene gasvergelyking en die ideale gasvergelyking te vorm.

Voor ons na die wette begin kyk moet ons eers na ‘n paar algemene omskakelings vir

eenhede kyk.

Die volgende tabel gee die SI eenhede. Hierdie tabel toon ook aan hoe om tussen

die algemene eenhede om te skakel. Moenie bekommerd wees as sommge van die

eenhede onbekend lyk nie. Ons sal teen die einde van die hoofstuk geleentheid gehad

het om al die eenhede in aksie te sien.

Veranderlike SI Eenhede Ander eenhede

760 mm Hg =1atm

Druk (p) Pascal (Pa)

= 101 325 Pa

= 101,325 kPa

Volume (V) m 3

1 m 3 = 1 000 000 cm 3

= 1000 dm 3

= 1000 L

Mol (n) mol

Universele gaskonstante (R) J·K −1 ·mol −1

Temperatuur (K) Kelvin (K) K = ◦ C + 273

Tabel 7.1: Omskakelingstabel wat die SI meeteenhede en algemene omskakelings aantoon.

Twee baie bruikbare volumeverhoudings om te onthou is 1 mL =1cm 3 en 1 L =

1 dm 3 .

Boyle se wet: Druk en volume van ‘n ingeslote gas ESE4W

As jy al ooit probeer het om die suier van ‘n spuit of fietspomp in te druk terwyl jou

vinger die opening toehou, sou jy Boyle se wet in aksie gesien het. Die volgende

eksperiment sal jou toelaat om die wet in aksie te sien.

DEFINISIE: Boyle se wet

Die druk van ‘n vaste hoeveelheid gas is omgekeerd eweredig aan die volume so lank

as wat die temperatuur konstant bly.

Informele eksperiment: Boyle se wet

Doel:

Om Boyle se wet te bevestig.

Hoofstuk 7. Ideale gasse

259

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!