everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Ideale gasse HOOFSTUK 7 7.1 Beweging van deeltjies 256 7.2 Ideale gaswette 259 7.3 Opsomming 288

7 Ideale gasse Ons word omring deur gasse in ons atmosfeer wat lewe beskerm en onderhou. Ons asem daagliks suurstof in en koolstofdioksied uit. Groen plante neem koolstofdioksied op en stel suurstof vry. Op een of ander manier is ons omring deur ‘n mengsel van verskillende gasse, sommige wat ons nodig het en ander wat skadelik is vir ons. In hierdie hoofstuk gaan ons meer leer oor gasse en oor die verskillende gaswette. Sleutel Wiskunde Konsepte • Verhoudings — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskaplike vaardighede • Vergelykings — Wiskunde, Graad 10, Vergelykings en ongelykhede • Grafieke — Wiskunde, Graad 10, Funksies en grafieke • Eenhede en eenheidsomskakeling — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskapvaardighede 7.1 Beweging van deeltjies ESE4R Die kinetiese gasteorie ESE4S In Graad 10 het jy geleer van die kinetiese deeltjieteorie. Die deeltjieteorie stel dit dat alle materie uit deeltjies bestaan wat ‘n sekere hoeveelheid kinetiese energie besit wat dit toelaat om teen verskillende snelhede te beweeg afhangende van die temperatuur (energie) van die deeltjies. Daar is ruimtes tussen die deeltjies sowel as aantrekkingskragte tussen deeltjies wanneer hulle naby aan mekaar kom. Ons gaan nou kyk na die toepassing van dieselfde idees op gasse. Die hoof aannames vir die kinetiese gasteorie is die volgende: • Gasse bestaan uit deeltjies (bv. atome en molekule). Die deeltjies is baie klein in vergelyking met die afstand tussen die deeltjies. • Hierdie deeltjies is gedurig in beweging omdat hulle kinetiese energie besit. Die deeltjies beweeg in reguit lyne teen verskillende snelhede. • Daar is aantrekkende kragte tussen deeltjies. Hierdie kragte is baie swak in gasse. • Die botsings tussen die deeltjies en die wande van die houer verander nie die kinetiese energie in die sisteem nie. • Die temperatuur van ‘n gas is ‘n aanduiding van die gemiddelde kinetiese energie van die deeltjies. 256 7.1. Beweging van deeltjies

7 Ideale gasse

Ons word omring deur gasse in ons atmosfeer wat

lewe beskerm en onderhou. Ons asem daagliks

suurstof in en koolstofdioksied uit. Groen plante

neem koolstofdioksied op en stel suurstof vry. Op

een of ander manier is ons omring deur ‘n mengsel

van verskillende gasse, sommige wat ons nodig het

en ander wat skadelik is vir ons.

In hierdie hoofstuk gaan ons meer leer oor gasse en

oor die verskillende gaswette.

Sleutel Wiskunde Konsepte

• Verhoudings — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskaplike vaardighede

• Vergelykings — Wiskunde, Graad 10, Vergelykings en ongelykhede

• Grafieke — Wiskunde, Graad 10, Funksies en grafieke

• Eenhede en eenheidsomskakeling — Fisiese Wetenskappe, Graad 10, Wetenskapvaardighede

7.1 Beweging van deeltjies ESE4R

Die kinetiese gasteorie ESE4S

In Graad 10 het jy geleer van die kinetiese deeltjieteorie. Die deeltjieteorie stel dit dat

alle materie uit deeltjies bestaan wat ‘n sekere hoeveelheid kinetiese energie besit wat

dit toelaat om teen verskillende snelhede te beweeg afhangende van die temperatuur

(energie) van die deeltjies. Daar is ruimtes tussen die deeltjies sowel as aantrekkingskragte

tussen deeltjies wanneer hulle naby aan mekaar kom.

Ons gaan nou kyk na die toepassing van dieselfde idees op gasse.

Die hoof aannames vir die kinetiese gasteorie is die volgende:

• Gasse bestaan uit deeltjies (bv. atome en molekule). Die deeltjies is baie klein

in vergelyking met die afstand tussen die deeltjies.

• Hierdie deeltjies is gedurig in beweging omdat hulle kinetiese energie besit. Die

deeltjies beweeg in reguit lyne teen verskillende snelhede.

• Daar is aantrekkende kragte tussen deeltjies. Hierdie kragte is baie swak in

gasse.

• Die botsings tussen die deeltjies en die wande van die houer verander nie die

kinetiese energie in die sisteem nie.

• Die temperatuur van ‘n gas is ‘n aanduiding van die gemiddelde kinetiese energie

van die deeltjies.

256 7.1. Beweging van deeltjies

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!