03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Figuur 6.3: ’n Diffraksierooster wat groen lig weerkaats

Die uitkoms is ’n baie klein getal daarom verwag ons ’n baie klein mate van diffraksie.

Die effek is in der waarheid so klein dat die menslike oog dit nie kan waarneem nie.

Ons kan diffraksie van groen lig waarneem, maar vir ons om diffraksie ∝ 1 te kry,

moet die golflengte en die spleetwydte dieselfde getal hê. Ons weet dus dat diffraksie

waarneembaar is wanneer die golflengte en die spleetwydte dieselfde is. Ons kan

nie die golflengte van groen lig verander nie, maar ons kry ’n voorwerp naamlik ’n

diffraksierooster wat baie smal splete het wat ons kan gebruik om diffraksie van lig

mee te bestudeer. Ons laat golffronte van groen lig ’n diffraksierooster tref en plaas ’n

skerm aan die ander kant. Ons kan waarneem waar die intensiteit van die lig op die

skerm hoog is en waar dit laag is. Vir groen lig deur ’n spesifieke diffraksierooster lyk

die patroon van die groen lig op die skerm as volg:

Blou lig met ’n golflengte van 450 × 10 -9 m en dieselfde diffraksierooster sal die volgende

resultaat lewer:

Uitgewerkte voorbeeld 2: Diffraksie

VRAAG

Twee diffraksiepatrone word hieronder gegee. Bepaal watter een die langer golflengte

het deur na die kenmerke van die diffraksiepatrone te kyk. Die eerste patroon is vir

groen lig.

Die tweede patroon is vir rooi lig:

Dieselfde diffraksierooster word gebruik om beide diffraksiepatrone voort te bring.

OPLOSSING

Stap 1: Bepaal wat benodig word

Ons moet die diffraksiepatrone vergelyk om inligting te kry oor die golflengtes ten

einde te besluit watter een langer is. Ons weet dat die diffraksie patroon afhanklik is

van die golflengte en die spleetwydte deur:

diffraksie ∝ λ

w

Hoofstuk 6. Twee- en driedimensionele golffronte

247

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!