everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

6.4 Diffraksie ESE4H Een van die interessantste, asook nuttigste eienskappe van golwe is diffraksie. DEFINISIE: Diffraksie Diffraksie is die vermoë van ‘n golf om uit te sprei in golffronte soos die golf deur ‘n klein opening of om ‘n skerp hoek voortplant. Byvoorbeeld, indien twee vertrekke met ‘n deuropening verbind word en ‘n klank in ‘n uithoek van een van hulle gemaak word, sal ‘n persoon in die ander kamer die klank hoor asof die oorsprong by die deur is. Wat die tweede kamer aanbetref, is die vibrerende lug in die deuropening die bron van die klank. Wanneer golwe dus deur klein openinge beweeg lyk dit asof hulle om die kant buig omdat daar nie genoeg punte op die golffront is om weer ’n reguit golffront te vorm nie. Hierdie buiging om die kante noem ons diffraksie. Uitbreiding Diffraksie Die effek van buiging is duideliker by watergolwe vanweë hul langer golflengtes. Buiging kan gedemonstreer word deur klein versperrings en hindernisse in ‘n golftenk te plaas en dan die pad van die watergolwe te bestudeer soos hulle dié hindernisse teëkom. Anders as wat jy dalk oorspronklik sou dink, gaan die golwe óm die versperring beweeg na die gebied direk agter die versperring. Vervolgens word die water agter die versperring versteur. Die hoeveelheid diffraksie (die skerpheid van die buiging) neem toe met ‘n toename in golflengte en verminder met ‘n afname in die golflengte. In werklikheid sal daar geen opvallende diffraksie voorkom wanneer die golflengte van die golwe kleiner is as die versperring nie. Hoofstuk 6. Twee- en driedimensionele golffronte 241

Algemene eksperiment: Diffraksie Watergolwe in ’n golftenk kan gebruik word om diffraksie en interferensie te demonstreer. • Skakel die golfopwekker aan sodat dit golwe met ’n hoë frekwensie (kort golflengte) maak. – Plaas ’n paar hindernisse (bv. ’n baksteen of liniaal) een-vir-een in die golftenk. Wat gebeur met die golffronte soos hulle naby of verby die hindernisse voortplant? Skets jou waarnemings. – Hoe verander die buiging wanneer jy die grootte van die voorwerp verander? • Stel nou die frekwensie van die golfopwekker laer sodat dit golwe met langer golflengtes maak. – Plaas dieselfde voorwerpe (weer een-vir-een) in die golftenk. Wat gebeur met die golffronte soos hulle naby of verby die hindernisse voortplant? Skets weereens jou waarnemings. – Hoe verskil die buiging van die hoër frekwensie geval? • Verwyder alle hindernisse uit die golftenk en plaas ’n tweede golfopwekker in die tenk. Skakel die opwekkers aan sodat hulle gelyktydig begin en dieselfde frekwensie het. – Wat sien jy wanneer die twee stelle golffronte mekaar ontmoet? – Kan jy areas van opbouende en afbrekende steuring, ook konstruktiewe en destruktiewe interferensie genoem, uitwys? • Skakel nou die opwekkers aan sodat hulle uit fase is (maw. begin hulle sodat hulle op verskillende tye golwe maak). – Wat sien jy wanneer die twee stelle golffronte mekaar ontmoet? – Kan jy areas van opbouende en afbrekende steuring, ook konstruktiewe en destruktiewe interferensie genoem, uitwys? 6.5 Diffraksie deur ’n enkelspleet ESE4J Golwe buig wanneer hulle hindernisse teëkom. Hoekom gebeur dit? Wanneer ons Huygens se beginsel toepas word dit meer duidelik. Dink aan ‘n golffront wat teen ‘n versperring met ‘n spleet daarin bots; slegs die punte op die golffront wat die spleet binnegaan kan voortgaan om voorwaarts bewegende golwe uit te stuur. Omdat baie van die golffront deur die versperring gestuit is, stuur die punte op die randte van die spleet golwe uit wat rondom die randte buig. Die skets hieronder wys hoe dié benadering gebruik kan word om te verstaan wat gebeur. 242 6.5. Diffraksie deur ’n enkelspleet

Algemene eksperiment: Diffraksie

Watergolwe in ’n golftenk kan gebruik word om diffraksie en interferensie te demonstreer.

• Skakel die golfopwekker aan sodat dit golwe met ’n hoë frekwensie (kort golflengte)

maak.

– Plaas ’n paar hindernisse (bv. ’n baksteen of liniaal) een-vir-een in die golftenk.

Wat gebeur met die golffronte soos hulle naby of verby die hindernisse

voortplant? Skets jou waarnemings.

– Hoe verander die buiging wanneer jy die grootte van die voorwerp verander?

• Stel nou die frekwensie van die golfopwekker laer sodat dit golwe met langer

golflengtes maak.

– Plaas dieselfde voorwerpe (weer een-vir-een) in die golftenk. Wat gebeur

met die golffronte soos hulle naby of verby die hindernisse voortplant?

Skets weereens jou waarnemings.

– Hoe verskil die buiging van die hoër frekwensie geval?

• Verwyder alle hindernisse uit die golftenk en plaas ’n tweede golfopwekker in

die tenk. Skakel die opwekkers aan sodat hulle gelyktydig begin en dieselfde

frekwensie het.

– Wat sien jy wanneer die twee stelle golffronte mekaar ontmoet?

– Kan jy areas van opbouende en afbrekende steuring, ook konstruktiewe en

destruktiewe interferensie genoem, uitwys?

• Skakel nou die opwekkers aan sodat hulle uit fase is (maw. begin hulle sodat

hulle op verskillende tye golwe maak).

– Wat sien jy wanneer die twee stelle golffronte mekaar ontmoet?

– Kan jy areas van opbouende en afbrekende steuring, ook konstruktiewe en

destruktiewe interferensie genoem, uitwys?

6.5 Diffraksie deur ’n enkelspleet ESE4J

Golwe buig wanneer hulle hindernisse teëkom. Hoekom gebeur dit? Wanneer ons

Huygens se beginsel toepas word dit meer duidelik. Dink aan ‘n golffront wat teen ‘n

versperring met ‘n spleet daarin bots; slegs die punte op die golffront wat die spleet

binnegaan kan voortgaan om voorwaarts bewegende golwe uit te stuur. Omdat baie

van die golffront deur die versperring gestuit is, stuur die punte op die randte van

die spleet golwe uit wat rondom die randte buig. Die skets hieronder wys hoe dié

benadering gebruik kan word om te verstaan wat gebeur.

242 6.5. Diffraksie deur ’n enkelspleet

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!