03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6.4 Diffraksie ESE4H

Een van die interessantste, asook nuttigste eienskappe van golwe is diffraksie.

DEFINISIE: Diffraksie

Diffraksie is die vermoë van ‘n golf om uit te sprei in golffronte soos die golf deur ‘n

klein opening of om ‘n skerp hoek voortplant.

Byvoorbeeld, indien twee vertrekke met ‘n deuropening verbind word en ‘n klank in

‘n uithoek van een van hulle gemaak word, sal ‘n persoon in die ander kamer die

klank hoor asof die oorsprong by die deur is.

Wat die tweede kamer aanbetref, is die vibrerende lug in die deuropening die bron

van die klank.

Wanneer golwe dus deur klein openinge beweeg lyk dit asof hulle om die kant buig

omdat daar nie genoeg punte op die golffront is om weer ’n reguit golffront te vorm

nie. Hierdie buiging om die kante noem ons diffraksie.

Uitbreiding

Diffraksie

Die effek van buiging is duideliker by watergolwe vanweë hul langer golflengtes. Buiging

kan gedemonstreer word deur klein versperrings en hindernisse in ‘n golftenk

te plaas en dan die pad van die watergolwe te bestudeer soos hulle dié hindernisse

teëkom. Anders as wat jy dalk oorspronklik sou dink, gaan die golwe óm die versperring

beweeg na die gebied direk agter die versperring. Vervolgens word die water agter

die versperring versteur. Die hoeveelheid diffraksie (die skerpheid van die buiging)

neem toe met ‘n toename in golflengte en verminder met ‘n afname in die golflengte.

In werklikheid sal daar geen opvallende diffraksie voorkom wanneer die golflengte

van die golwe kleiner is as die versperring nie.

Hoofstuk 6. Twee- en driedimensionele golffronte

241

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!