03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Figuur 6.1:

Golffronte is denkbeeldige lyne wat

golwe verbind wat in fase is. In die voorbeeld

verbind die golffronte (aangedui

deur die oranje vertikale lyne) alle golwe

by die kruin van hul siklus.

Ons definieer ‘n golffront

as die denkbeeldige lyn

wat golwe verbind wat in

fase is. Dit word aangetoon

deur die oranje

vertikale lyne in Figuur

6.1. Die punte wat in

fase is kan kruine, trôe

of enigiets tussen-in wees.

Dit maak nie saak watter

punte jy kies nie, solank

hulle net in fase is.

6.3 Huygens se beginsel ESE4G

Christiaan Huygens het beskryf hoe om die pad wat golwe deur ’n medium neem te

bepaal.

DEFINISIE: Die Huygens beginsel

Elke punt van ‘n golffront dien as ‘n puntbron van sferiese, sekondêre golwe. Ná ‘n

tyd t, sal die nuwe posisie van die golffront ‘n raaklyn loodreg op die sekondêre golwe

wees.

Huygens se beginsel is van toepassing op alle golffronte, selfs rondes, soos dié wat jy

sal kry vanaf ‘n enkele puntbron. ‘n Eenvoudige voorbeeld van Huygens se beginsel is

om die enkele golffront in Figuur 6.2 te beskou.

golfront by tydstip t

golfront by tydstip t soos

’n versameling puntbronne

van sirkelvormige golwe

golfront by tydstip t +∆t

Figuur 6.2: ‘n Enkele golffront by tydstip t tree op soos ‘n versameling puntbronne van sirkelvormige

golwe wat mekaar steur om ‘n nuwe golffront by ‘n tydstip t +∆t te gee. Die proses

hou aan en is van toepassing op enige tipe golfvorm.

Hoofstuk 6. Twee- en driedimensionele golffronte

239

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!