everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

5.8 Opsomming ESE4C Sien aanbieding: 274K op www.everythingscience.co.za • Ligstrale is lyne wat loodreg op die lig se golffronte val. In geometriese optika stel ons ligstrale voor met reguitlyn-pyle. • Ligstrale weerkaats vanaf oppervlaktes. Die invalstraal skyn op die oppervlakte terwyl die geweerkaatste straal vanaf dieselfde oppervlakte gebons word. Die normaal is die loodregte lyn wat getrek word waar die invalstraal die oppervlakte ontmoet. • Die invalshoek is die hoek tussen die inkomende straal en die oppervlak. Die inkomende straal, geweerkaatste straal en die normaal lê almal in dieselfde vlak. • Die wet van weerkaatsing sê dat die invalshoek (θi) gelyk is aan die weerkaatsingshoek (θr) en dat die weerkaatsde straal in dieselfde vlak as die inkomende straal is. • Lig kan geabsorbeer en deurgelaat word. • Die spoed van lig, c, is konstant in ’n gegewe medium en lig het ’n maksimum spoed in ’n vakuum, neemlik 3 × 10 8 m·s −1 . • Breking kom voor by die grens tussen twee mediums wanneer lig beweeg van een medium na die ander en die lig se spoed verander maar sy frekwensie dieselfde bly. As die ligstraal die grens tref teen enige hoek wat nie loodreg of parallel aan die grens is nie, dan sal die lig van rigting verander en lyk asof dit ‘buig’. • Die brekingsindeks (simbool n) van ’n materiaal is die verhouding tussen die spoed van lig in ’n vakuum, en die spoed van lig in die materiaal en dit gee ’n indikasie van hoe moeilik dit is vir lig om deur die materiaal te beweeg. n = c v • Optiese digtheid is ’n maatstaf van die brekingsvermoë van ’n medium. • Die normaal van ’n oppervlak is die lyn wat loodreg is op die oppervlak. • Die invalshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal van die oppervlak en die invallende (inkomende) ligstraal. • Die brekingshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal en die gebreekte ligstraal. • Snell se wet verskaf die verwantskap tussen die brekingsindeks, invalshoeke en weerkaatsingshoeke van twee media. n1 sin θ1 = n2 sin θ2 • Lig wat van een optiese medium na ’n digter optiese medium beweeg, buig na die normaal. Lig wat van een optiese medium na ’n minder digte optiese beweeg, buig weg van die normaal. • Die grenshoek van ’n medium is die waarde van die invalshoek wanneer die brekingshoek 90 ◦ is. Die gebroke straal in hierdie geval lê langs die skeidingsvlak tussen die twee media. Hoofstuk 5. Geometriese Optika 233

• Totale interne weerkaatsing vind plaas wanneer lig van een medium na ’n optiese minder dig medium beweeg, maar die invalshoek moet groter wees as die grenshoek van daardie medium. In hierdie geval sal lig binne die medium weerkaats word. Geen breking vind plaas nie. • Totale interne weerkaatsing in optiese vesels word binne die telekommunikasiebedryf gebruik. In geneeskunde gebruik endoskope ook veselbundels van optiese vesels. Optiese vesels dra inligting gouer en meer akkuraat oor as tradisionele metodes. Oefening 5 – 6: Oefeninge aan die einde van die hoofstuk 1. Gee een woord vir elk van die volgende beskrywings: a) Die loodregte lyn wat getrek word teen regte hoeke by die invalspunt van die weerkaatsende oppervlakte. b) Die buiging van lig soos dit van een medium na ’n ander beweeg. c) Die terugkaatsing van lig vanaf ’n oppervlakte. 2. Dui aan of die volgende stellings waar of onwaar is. Indien enige stelling onwaar is, skryf die korrekte stelling neer. a) Die brekingsindeks van ’n medium is ’n aanduiding van hoe vinning lig deur daardie meduim sal beweeg. b) Totale interne weerkaatsing vind plaas wanneer die invalshoek groter is as die grenshoek. c) Die spoed van lig in ’n lugleegte of vakuum is omtrent 3 × 10 8 m·s −1 . 3. Voltooi die volgende straaldiagramme om die pad van die ligstraal aan te dui. water glas lug glas a) 40 ◦ b) 50 ◦ glas lug lug water c) d) 30 ◦ 48,8 ◦ lug water water lug 4. ’n Ligstraal tref ’n oppervlak teen 35 ◦ met die normaal van die oppervlak. Teken ’n straaldiagram wat die invalshoek, weerkaatsingshoek en die oppervlaknormaal aandui. Bereken die invals- en weerkaatsingshoeke, en dui hulle op jou diagram aan. 234 5.8. Opsomming e) f) 55 ◦ 42 ◦

5.8 Opsomming ESE4C

Sien aanbieding: 274K op www.everythingscience.co.za

• Ligstrale is lyne wat loodreg op die lig se golffronte val. In geometriese optika

stel ons ligstrale voor met reguitlyn-pyle.

• Ligstrale weerkaats vanaf oppervlaktes. Die invalstraal skyn op die oppervlakte

terwyl die geweerkaatste straal vanaf dieselfde oppervlakte gebons word. Die

normaal is die loodregte lyn wat getrek word waar die invalstraal die oppervlakte

ontmoet.

• Die invalshoek is die hoek tussen die inkomende straal en die oppervlak. Die

inkomende straal, geweerkaatste straal en die normaal lê almal in dieselfde vlak.

• Die wet van weerkaatsing sê dat die invalshoek (θi) gelyk is aan die weerkaatsingshoek

(θr) en dat die weerkaatsde straal in dieselfde vlak as die inkomende

straal is.

• Lig kan geabsorbeer en deurgelaat word.

• Die spoed van lig, c, is konstant in ’n gegewe medium en lig het ’n maksimum

spoed in ’n vakuum, neemlik 3 × 10 8 m·s −1 .

• Breking kom voor by die grens tussen twee mediums wanneer lig beweeg van

een medium na die ander en die lig se spoed verander maar sy frekwensie dieselfde

bly. As die ligstraal die grens tref teen enige hoek wat nie loodreg of

parallel aan die grens is nie, dan sal die lig van rigting verander en lyk asof dit

‘buig’.

• Die brekingsindeks (simbool n) van ’n materiaal is die verhouding tussen die

spoed van lig in ’n vakuum, en die spoed van lig in die materiaal en dit gee ’n

indikasie van hoe moeilik dit is vir lig om deur die materiaal te beweeg.

n = c

v

• Optiese digtheid is ’n maatstaf van die brekingsvermoë van ’n medium.

• Die normaal van ’n oppervlak is die lyn wat loodreg is op die oppervlak.

• Die invalshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal van die oppervlak

en die invallende (inkomende) ligstraal.

• Die brekingshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal en die gebreekte

ligstraal.

• Snell se wet verskaf die verwantskap tussen die brekingsindeks, invalshoeke en

weerkaatsingshoeke van twee media.

n1 sin θ1 = n2 sin θ2

• Lig wat van een optiese medium na ’n digter optiese medium beweeg, buig na

die normaal.

Lig wat van een optiese medium na ’n minder digte optiese beweeg, buig weg

van die normaal.

• Die grenshoek van ’n medium is die waarde van die invalshoek wanneer die

brekingshoek 90 ◦ is. Die gebroke straal in hierdie geval lê langs die skeidingsvlak

tussen die twee media.

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

233

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!