03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

innekern

omhulsel

Figuur 5.17: Die struktuur van ’n enkele glasvesel.

Optiese vesels in telekommunikasie Optiese vesels word algemeen in telekommunikasie

gebruik. Die rede hiervoor is omdat inligting met min dataverliese oor lang

afstande kan beweeg. Daarom is glasvesel meer voordelig as konvensionele kabels.

Seine word vanaf een punt na ’n ander in die vorm van laserpulse gestuur. ’n Enkele

optiese vesel kan meer as 3000 uitsendings tegelyktydig oordra. Dit is ’n groot verbetering

op die konvensionele ko-aksiale kabels. Veelvuldige uitsendingsoordragte word

verkry waarneer individuele ligpulse teen effens verskillende hoeke gestuur word. Byvoorbeeld,

indien een ligpuls ’n invalshoek van 72,23 ◦ maak, dan kan ’n ander ligpuls

teen ’n hoek van 72,26 ◦ gestuur word! Die sein wat uitgesaai is, word amper gelyktydig

by die ander ent van die kabel ontvang. Die rede is dat inligting teen die spoed van

lig beweeg indien dit op ’n laser gekodeer is. Oor lang afstande word versterkerstasies

gebruik om seine wat verswak het, te versterk. Die versterkte seine word dan weer

vanaf versterkerstasie na versterkerstasie gestuur totdat dit sy bestemming bereik.

Optiese vesels in geneeskunde Optiese vesels word in geneeskunde in endoskope

gebruik.

Die belangrikste deel van ’n endoskoop is die optiese vesel. Lig word langs die optiese

vesel af geskyn en ’n mediese dokter kan die endoskoop gebruik om binne die liggaam

van ’n pasiënt te kyk. Endoskope kan gebruik word om die binnekant van ’n pasient

se maag te ondersoek, deurdat die endoskoop in die pasient se keel afgedruk word.

Endoskope laat toe dat minder-indringende chirurgie kan plaasvind. Dit beteken dat ’n

persoon gediagnoseer en behandel word deur middel van ’n klein snit (insnyding) in

die vel. Dit hou voordele in bo oop chirurgie omdat endoskopie vinniger en goedkoper

is. Daarbenewens herstel die pasiënt ook vinniger. Die alternatief is oop chirurgie

wat meer geld en tyd vereis. Boonop is dit meer traumaties vir die pasiënt.

Oefening 5 – 5: Total interne weerkaatsing en veselglas

1. Beskryf totale interne weerkaatsing deur middel van ’n diagram. Verwys ook na

die voorwaardes waaraan voldoen moet word sodat totale interne werkaatsing

kan plaasvind.

2. Beskryf wat met grenshoek bedoel word wanneer daar totale interne weerkaatsing

plaasvind. Sluit ’n straaldiagram in om die konsep te verduidelik.

3. Sal lug wat van diamant na silikoon beweeg ooit totale interne weerkaatsing

ondergaan?

4. Sal lug wat van saffier na diamant beweeg ooit totale interne weerkaatsing ondergaan?

5. Wat is die grenshoek van lig indien dit van lug na asetoon beweeg?

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

FEIT

Endoskopie beteken om

binnekant te kyk en

verwys na ’n

geneeskundige diagnose

wat gemaak word deur

die binnekant die liggaam

te bestudeer.

231

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!