03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

5. Die doel van hierdie eksperiment is om die brekingsindeks n2 van die onbekende

stof te bepaal deur Snell se wet, wat sê dat n1 sin θ1 = n2 sin θ2, te gebruik.

Ons weet dat n1 = 1,0 vir lug en ons kan die invalshoek, θ1 en die brekingshoek,

θ2 bereken. Dan kan ons die vergelyking vir die onbekende, n2 oplos.

Om θ1 en θ2 te bereken, moet ons die normaal op die oppervlak waar die ligstraal

die blok binnedring, teken. Gebruik die gradeboog om ’n hoek van 90 ◦

teenoor die oppervlak te meet en teken die normaal. Gebruik nou die gradeboog

om θ1 en θ2 te meet.

6. Vul jou waardes wat jy geneem het in ’n tabel soos hieronder in en bereken die

waarde vir n2

Vraag:

θ1 θ2 n2 = n1 sin θ1

sin θ2

Wat merk jy op oor al die waardes in die laaste kolom van die tabel?

Bespreking:

Het jy gesien dat die waardes in die laaste kolom van die tabel eenders is maar nie

identies nie? Dit is as gevolg van foutiewe afmetings wanneer jy die invalshoek en

brekingshoek gemeet het. Hierdie foute is algemeen tydens fisika eksperimente en dra

by tot ’n sekere mate van onsekerheid wanneer dit by waardes kom. Om hierdie rede

doen ons die eksperiment 5 keer, sodat ons die gemiddeld van die 5 onafhanklike

waardes van n2 kan gebruik om ’n waarde vir die onbekende stof te verkry.

Indien

dan is Snell se wet

n2 >n1

sin θ1 > sin θ2

Vir hoeke kleiner as 90 ◦ verhoog sin θ soos θ verhoog. Daarom

θ1 >θ2.

Dit beteken dat die invalshoek groter is as die refraksiehoek en die ligstrale buig na die

normaal / loodlyn.

Net so, as

n2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!