03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bespreking:

θ1 θ2 n1 sin θ1 n2 sin θ2

Kyk na jou voltooide tabel. Jy behoort 5 rye ingevul te hê, een ry vir elke stukkie A4

papier. Vir elke ry, wat let jy op oor die waardes in die laaste twee kolomme? Stem

jou waardes ooreen met wat Snell se wet voorspel?

Formele eksperiment: Gebruik Snell se wet om die brekingsindeks van ’n onbekende

stof te meet

Doel:

Om die brekingsindeks van ’n onbekende stof te meet

Apparaat:

straalkissie, 360 ◦ gradeboog, 5 stukkies A4 papier, ’n blok van ’n onbekende deurskynende

stof, potlood, liniaal

Metode:

Hierdie eksperiment vereis dat jy die volgende stappe ten minste 5 keer herhaal. Die

stappe is dieselfde as in die vorige eksperiment.

1. Plaas die glasblok in die middel van die stukkie A4 papier sodat die kante van

die glasblok parallel is die kante van die papier. Trek met behulp van die potlood

die omtrek van die glasblok op die papier.

2. Skakel die straalkissie aan en rig die ligstraal na die glasblok sodat dit ’n hoek

met die naaste oppervlak maak. Vir elke stukkie papier, verander die hoek van

die inkomende ligstraal.

3. Jy sal die pad van die inkomende en uitgaannde ligstrale op die papier moet

merk. Doen dit deur eers ’n kolletjie op die papier te maak iewers op die pad

van die inkomende straal. Maak nou ’n tweede kolletjie op die papier waar die

inkomende ligstraal die oppervlak van die glasblok tref. Doen dieselfde vir die

uitgaande ligstraal; merk die punt waar dit die glasblok verlaat en enige ander

punt op sy pad.

4. Skakel nou die straalkissie af en verwyder die glasblok van die papier. Gebruik

’n liniaal om die kolletjies van die inkomende ligstraal te verbind. Verbind nou

die kolletjies van die uittredende ligstraal. Laastens, teken ’n lyn wat die punte

waar die inkomende straal die blok tref en waar die uitgaande straal die blok

verlaat, verbind. Hierdie is die pad van die ligstraal deur die glas.

218 5.6. Snell se wet

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!