everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Teken die gebreekte straal as: a) medium 1 ’n hoër brekingsindeks as medium 2 het. b) medium 1 ’n laer brekingsindeks as medium 2 het. 6. Uitdagingsvraag: Watter waardes van n is fisies onmoontlik om te verkry? 7. Uitdagingsvraag: Jy word ’n glasbeker gevul met ’n onbekende vloeistof gegee. Hoe sou jy die vloeistof identifiseer? Jy het die volgende apparaat beskikbaar: ’n straalkissie, ’n gradeboog, ’n liniaal, ’n potlood en ’n verwysingsgids na optiese eienskappe van verskillende vloeistowwe. Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 273G 2. 273H 3. 273J 4. 273K 5. 273M 6. 273N 7. 273P www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za 5.6 Snell se wet ESE48 Noudat ons weet dat die hoek van buiging, oftewel die brekingshoek, afhanklik is van die brekingsindeks van ’n medium, hoe bereken ons die brekingshoek? Die antwoord tot hierdie vraag is ontdek deur ’n Nederlandse fisikus genaamd Willebrord Snell in 1621 en word nou Snell se wet of die wet van breking genoem. DEFINISIE: Snell se wet waar n1 sin θ1 = n2 sin θ2 n1 = Brekingsindeks van stof 1 n2 = Brekingsindeks van stof 2 θ1 = Invalshoek θ2 = Brekingshoek Onthou dat invalshoeke en brekingshoeke gemeet word vanaf die normaal - ’n denkbeeldige lyn loodreg op die oppervlak. Veronderstel ons het twee mediums met brekingsindekse n1 en n2. ’n Ligstraal is invallend op die oppervlak tussen hierdie stowwe met ’n invalshoek θ1. Die gebreeekte straal wat deur die tweede stof beweeg sal ’n brekingshoek θ2 hê. Hoofstuk 5. Geometriese Optika 215

FEIT Snell het nooit sy ontdekking van die Wet van Breking gepubliseer nie. Sy werk is eintlik gepubliseer deur ’n ander prominente fisikus van die era, Christiaan Huygens wat erkenning aan Snell gegee het. invallende straal n1 n2 normaal Formele eksperiment: Bevestig Snell se wet Doelwit: Om Snell se wet te bevestig Apparaat: θ1 θ2 gebreekte straal glasblok, straalkissie, 360 ◦ gradeboog, 5 stukkies van A4 papier, potlood, liniaal Metode: Hierdie eksperiment vereis dat jy die volgende stappe 5 keer herhaal (een keer vir elke stukkie A4 papier). 1. Plaas die glasblok in die middel van die stukkie A4 papier sodat die kante van die glasblok parallel is aan die kante van die papier. Trek met behulp van die potlood die omtrek van die glasblok op die papier. 2. Skakel die straalkissie aan en rig die ligstraal na die glasblok sodat dit ’n hoek met die naaste oppervlak maak soos te sien in die prent. Vir elke stukkie papier, verander die hoek van die inkomende ligstraal. 216 5.6. Snell se wet

Teken die gebreekte straal as:

a) medium 1 ’n hoër brekingsindeks as medium 2 het.

b) medium 1 ’n laer brekingsindeks as medium 2 het.

6. Uitdagingsvraag: Watter waardes van n is fisies onmoontlik om te verkry?

7. Uitdagingsvraag: Jy word ’n glasbeker gevul met ’n onbekende vloeistof gegee.

Hoe sou jy die vloeistof identifiseer? Jy het die volgende apparaat beskikbaar: ’n

straalkissie, ’n gradeboog, ’n liniaal, ’n potlood en ’n verwysingsgids na optiese

eienskappe van verskillende vloeistowwe.

Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service

1. 273G 2. 273H 3. 273J 4. 273K 5. 273M 6. 273N

7. 273P

www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za

5.6 Snell se wet ESE48

Noudat ons weet dat die hoek van buiging, oftewel die brekingshoek, afhanklik is van

die brekingsindeks van ’n medium, hoe bereken ons die brekingshoek? Die antwoord

tot hierdie vraag is ontdek deur ’n Nederlandse fisikus genaamd Willebrord Snell in

1621 en word nou Snell se wet of die wet van breking genoem.

DEFINISIE: Snell se wet

waar

n1 sin θ1 = n2 sin θ2

n1 = Brekingsindeks van stof 1

n2 = Brekingsindeks van stof 2

θ1 = Invalshoek

θ2 = Brekingshoek

Onthou dat invalshoeke en brekingshoeke gemeet word vanaf die normaal - ’n denkbeeldige

lyn loodreg op die oppervlak.

Veronderstel ons het twee mediums met brekingsindekse n1 en n2. ’n Ligstraal is invallend

op die oppervlak tussen hierdie stowwe met ’n invalshoek θ1. Die gebreeekte

straal wat deur die tweede stof beweeg sal ’n brekingshoek θ2 hê.

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

215

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!