03.05.2013 Views

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Informele eksperiment: Ligvoortplanting van een medium na ’n ander medium

Doel:

Om die voortplanting van lig van een medium na ’n ander te ondersoek.

Apparaat:

straalkissie, glasblokke van verskillende vorms, ’n deurskynende houer gevul met water,

gewone papier, potlood, liniaal, gradeboog

Metode:

Begin met die reghoekige glasblok, herhaal die stappe hieronder vir elk van die verskillende

glasblok vorms:

1. Plaas die glasblok op ’n stuk papier en trek met jou potlood die blok se buitelyn

op die papier af.

2. Skakel die straaldoos aan en mik die ligstraal deur een van die blok se oppervlaktes.

3. Maak ’n kolletjie op die punt waar die lig die blok binnedring en nog een iewers

op die invalstraal. Maak ook ’n kolletjie op die punt waar die ligstraal die blok

verlaat en nog een iewers op die uitvalstraal.

4. Verwyder die glasblok en skakel die straalkissie af. Verbind die kolletjies met

behulp van jou liniaal.

5. Teken nou die normaal op die oppervlaktes waar die ligstraal die blok binnedring

en waar dit die blok verlaat.

6. Gebruik jou gradeboog om die invalshoek en die brekingshoek te meet op die

oppervlaktes waar die ligstraal die blok binnedring en waar dit die blok verlaat.

Volg nou dieselfde stappe soos voorheen, maar plaas verskillende gekleurde filters op

die oppervlaktes van die blokke waar die lig die blokke binnedring.

Laastens, vervang die glasblokke met die houer gevul met water en herhaal die stappe

soos bo genoem. Vir hierdie geval, probeer om die straalkissie te rig sodat die invalshoek

op die houer gevul met water dieselfde is as wat dit was op die reghoekige

glasblok wat jy eerste ondersoek het. Hierdie is makliker indien jy jou nuwe papier

bo-op die tekening wat jy gemaak het van die reghoekige glasblok plaas. Bring die

houer in lyn met waar jy die kant van die glasblok geteken het. Rig nou die straalkissie,

sodat die lig in lyn is met die invalstraal op jou papier en volg die stappe soos

voorheen.

Besprekingsvrae:

1. Vir elk van jou verskillende glasblokvorms, hoe vergelyk die invalshoek van lug

na glas met die brekingshoek?

2. Wat gebeur wanneer jy ’n gekleurde filter op die grens tussen lug en ’n glasblok

plaas?

Hoofstuk 5. Geometriese Optika

213

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!