everything maths and science - C2B2A

everything maths and science - C2B2A everything maths and science - C2B2A

03.05.2013 Views

Ons word die brekingsindeks n van gliserien gegee en ons moet die spoed van lig in gliserien bepaal. Stap 2: Bepaal hoe om die probleem te benader Ons kan die definisie van die brekingsindeks gebruik omdat die spoed van lig in ’n vakuum konstant is en ons weet wat gliserien se brekingsindeks is. Stap 3: Doen die berekening n = c v Herskryf die vergelyking sodat v opgelos kan word en stel die bekende waardes in: Oefening 5 – 2: Brekingsindeks v = c n = 3 × 108 m·s −1 1,4729 = 2,04 × 10 8 m·s −1 1. Gebruik die waardes verduidelik in Tabel 5.1 en die definisie van brekingsindeks om die spoed van lig in water (ys) te bereken. 2. Bereken die brekingsindeks van ’n onbekende stof as die spoed van lig deur die stof 1,974 × 10 8 m·s −1 is. Rond jou antwoord af na 2 desimale plekke. Gebruik Tabel 5.1 en identifiseer die onbekende stof. Dink jy jy het dit? Kry oplossings en meer oefening op ons Intelligent Practice Service 1. 273C 2. 273D www.everythingscience.co.za m.everythingscience.co.za Optiese digtheid ESE46 Optiese digtheid is ’n maatstaf van die brekingsvermoë van ’n medium. Met ander woorde, hoe hoër die optiese digtheid, hoe meer sal lig breek of stadiger word soos dit deur die medium beweeg. Optiese digtheid is verwant aan die brekingsindeks in die sin dat materiale met ’n hoë brekingsindeks ook ’n hoë optiese digtheid sal hê. Lig sal stadiger beweeg deur ’n medium met ’n hoë brekingsindeks en ’n hoë optiese digtheid Hoofstuk 5. Geometriese Optika 209

en vinniger deur ’n medium met ’n lae brekingsindeks en ’n lae optiese digtheid. DEFINISIE: Optiese digtheid Optiese digtheid is ’n maatstaf van die brekingsvermoë van ’n medium. Voorstelling van breking met straaldiagramme ESE47 Dit is nuttig om straaldiagramme te teken om te verstaan hoe die beginsels van geometriese optika wat bespreek is werk. Voordat ons diagramme teken is dit nodig om ’n paar konsepte te definieer soos die normaal van ’n oppervlak, die invalshoek en die brekingshoek. DEFINISIE: Normaal Die normaal van ’n oppervlak is die lyn wat loodreg is op die oppervlak. DEFINISIE: Invalshoek Die invalshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal van die oppervlak en die inkomende (invallende) ligstraal. DEFINISIE: Brekingshoek Die brekingshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal en die gebreekte ligstraal. invallende ligstraal normaal θ1 water, n=1,3 lug, n = 1,0 θ2 gebreekte ligstraal Figuur 5.9: Die diagram toon die grens tussen die twee mediums: water en lug. ’n Inkomende ligstraal word gebreek wanneer dit oor die oppervlak van die water beweeg tot in die lug. Die invalshoek is θ1 en die brekingshoek is θ2. Lig breek as dit beweeg van een medium na ’n ander. Indien die invalshoek nie gelyk is aan nul nie, sal die lig van rigting verander soos wat dit gebreek word. 210 5.5. Ligbreking (refraksie)

en vinniger deur ’n medium met ’n lae brekingsindeks en ’n lae optiese digtheid.

DEFINISIE: Optiese digtheid

Optiese digtheid is ’n maatstaf van die brekingsvermoë van ’n medium.

Voorstelling van breking met straaldiagramme ESE47

Dit is nuttig om straaldiagramme te teken om te verstaan hoe die beginsels van geometriese

optika wat bespreek is werk. Voordat ons diagramme teken is dit nodig om

’n paar konsepte te definieer soos die normaal van ’n oppervlak, die invalshoek en die

brekingshoek.

DEFINISIE: Normaal

Die normaal van ’n oppervlak is die lyn wat loodreg is op die oppervlak.

DEFINISIE: Invalshoek

Die invalshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal van die oppervlak en

die inkomende (invallende) ligstraal.

DEFINISIE: Brekingshoek

Die brekingshoek word gedefinieer as die hoek tussen die normaal en die gebreekte

ligstraal.

invallende ligstraal

normaal

θ1

water, n=1,3

lug, n = 1,0

θ2

gebreekte ligstraal

Figuur 5.9: Die diagram toon die grens tussen die twee mediums: water en lug. ’n Inkomende

ligstraal word gebreek wanneer dit oor die oppervlak van die water beweeg tot in die lug. Die

invalshoek is θ1 en die brekingshoek is θ2.

Lig breek as dit beweeg van een medium na ’n ander. Indien die invalshoek nie gelyk

is aan nul nie, sal die lig van rigting verander soos wat dit gebreek word.

210 5.5. Ligbreking (refraksie)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!